Vrou vas oor vonds
’n Hoëprofiel-ondersoekspan is saamgestel om die verband tussen die verdwyning van me. Shannon Wasserfall (21) in April vanjaar en ’n oorskot wat die afgelope week gevind is, te ontrafel.
Denver Kisting – In ’n skokwending het die Namibiese polisie gistermiddag onthul ’n vrou is aangekeer weens die gruvonds van menslike oorskot in die duine agter Narraville by Walvisbaai die afgelope week.
Komm. Moritz !Naruseb, die hoof van die polisie se direktoraat van strafondersoeke, het gesê dié vrou is Woensdagmiddag op die hawedorp aangekeer.
Sy sal na verwagting vandag of Maandag in die landdroshof op Walvisbaai verskyn.
!Moritz het gister op ’n nuuskonferensie in die hoofstad gesê ofskoon die ondersoek in ’n vroeë stadium is, word meer inhegtenisnemings verwag. “Die ondersoek vaar goed.”
Hy wou vanweë die sensitiewe aard van die ondersoek nie in dié stadium sê of daar ’n verband is tussen ’n anonieme SMS en die verdagte nie. “Ons wil nie die ondersoek benadeel nie. Die saak word nog ondersoek.”
Dié anonieme SMS het die polisie die afgelope week op die spoor van die menslike oorskot in die duine geplaas.
!Naruseb kon nie sê of die SMS eers die polisie of eers Wasserfall se pa, mnr. Tega Matheus, bereik het nie.
Hoewel die senior beampte eweneens geen lig wou werp op die stadium van ontbinding nie, het hy wel gesê die “skeletale oorblyfsels” sou na verwagting reeds gister in die hoofstad aangekom het vir ’n nadoodse ondersoek.
Enersyds moet die oorsaak van dood bepaal word en andersyds of die oorskot dié van Wasserfall is.
!Naruseb sê dit is onseker hoe lank dit sal neem om die oorskot forensies te ontleed, omdat die Nasionale Forensiese Wetenskapinstituut (NFSI) se werksaamhede opgeskort is aangesien dié liggaam na ’n nuwe perseel verhuis.
Ná Wasserfall se verdwyning het die polisie ’n beloning van N$50 000 aangebied wat tot inligting sou lei oor waar sy haar bevind.
Sy het op 10 April vanjaar spoorloos uit Walvisbaai verdwyn.
Adj.komm. Kauna Shikwambi, die nasionale polisiewoordvoerder, het in Julie gesê Wasserfall het op dié dag die huis in Kuisebmond wat sy met kêrel deel, verlaat.
Sy het glo hul 18 maande oue kind by ’n vriendin gaan los “en nie sedertdien teruggekeer nie”.
Wasserfall was glo tot omstreeks 16:00 in dié vriendin se geselskap, sê Shikwambi.
Sy sou glo aan haar vriendin gesê het sy gaan by ’n ander vriend kuier, “maar sy het nie onthul wie dié vriend is nie” wat na bewering ook op Walvisbaai woon.
Shikwambi het toe gesê die polisie het reeds verskeie onderhoude met Wasserfall se kêrel gevoer en ’n beëdigde verklaring by hom afgeneem.
!Naruseb wou nie gister sê of dié kêrel by haar verdwyning betrek word nie. “Dit moet nog bevestig word.”
Luidens die polisie se inligting was Wasserfall skraal gebou, 1,58 meter lank en vlot in Khoekhoegowab en Afrikaans.
Sy is laaste in ’n wit kortbroek opgemerk.
Shikwambi het gesê Wasserfall se selfoon is volgens rekords omstreeks 16:45 op die dag van haar verdwyning afgeskakel.
Dié foonrekords dui aan dat die toestel in daardie stadium in die omgewing van Myl 4 op Swakopmund was.
Geeneen van haar vriende in Windhoek, op Otjiwarongo en langs die kus het haar glo teen Julie opgemerk nie, het die woordvoerder toe gesê.
Shikwambi het gesê Wasserfall is eers vier dae later – op 14 April vanjaar – by die polisie as vermis aangemeld. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie