Vrou van Walvisbaai sterf aan Covid-19

29 July 2020 | Gesondheid
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 'n 44-jarige vrou van Walvisbaai is gister aan Covid-19 op die hawedorp dood. Sy het volgens die minister ander chroniese mediese toestande gehad. Dit bring die aantal sterftes vir die land op nege te staan. Volgens Shangula is die vrou op 21 Julie in die staatshospitaal in die dorp met Covid-19-verwante simptome opgeneem waar sy getoets is en haar toestand geleidelik tot met haar dood versleg het.

Shangula het 69 nuwe Covid-19-gevalle aangekondig wat die totaal vir die land op 1 986 te staan bring. Uit die 69 nuwe gevalle is 57 in Walvisbaai, een in Swakopmund, een in Usakos, agt in Windhoek, een in Mariental en een in Engela. Die ouderdomme wissel van ses tot 77 jaar en sluit 38 mans en 31 vroue in.

Die geval in Usakos is 'n 57-jarige vrou en 'n kontak van 'n bevestigde geval. Die geval in Mariental is 'n 34-jarige vrou wat by 'n plaaslike vulstasie werk, geen kontak met 'n bevestigde geval of reisgeskiedenis of simptome het nie. Die geval in Engela is 'n 30-jarige vrou wat van Walvisbaai hierheen gereis het om 'n troue by te woon. Lede van die gemeenskap het egter aangedring dat sy in kwarantyn geplaas word waar sy positief getoets het.

Die gevalle in Windhoek is soos volg:
- 'n 57-jarige man en kontak van 'n bevestigde geval.
- 'n 24-jarige vrou en werker van Telecom. Sy het geen kontak met 'n bevestigde geval gehad nie, maar 'n persoon van dieselfde huishouding wat wel kontak met 'n geval gehad het, het positief getoets.
- 'n 33-jarige man van die militêre basis in Suiderhof met geen kontak met 'n bevestigde geval nie.
- 'n 27-jarige vrou met geen kontak met 'n bevestigde geval nie.
- 'n 52-jarige vrou met geen kontak met 'n bevestigde geval nie.
- 'n 34-jarige man en werker by 'n plaaslike mark met geen kontak met 'n bevestigde geval nie.
- 'n 55-jarige man met geen kontak met 'n bevestigde geval nie.
- 'n 47-jarige man en kontak tot 'n bevestigde geval.
Volgens Shangula is dit "uiters ontstellend" hoeveel van die gevalle wat tans aangemeld word, geen kontak met 'n bevestigde geval gehad het nie.
Tot op hede het 104 mense herstel, het die land 1 873 aktiewe gevalle, is 24 852 weefselmonsters getoets en is 1 459 mense tans in kwarantyn.

Soortgelyk

 

Vandag se Covid-19-data

50 minute gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Maandag 10 Augustus 2020, soos om 15:00 vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr....

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

1 uur gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

6 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

17 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

17 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

17 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

17 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

17 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

17 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...