Vrou van Rehoboth sterf in ongeluk
Die 47-jarige Regina Alberta Johannes het Dinsdag in ’n ongeluk op die Rehoboth-Kalkrandpad gesterf. Volgens die polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Hardapstreek het Johannes na bewering beheer oor die voertuig verloor waarna dit die pad verlaat en omgeslaan het. Volgens adj.komm. Eric Clay is Johannes uit die voertuig geslinger en het sy op die toneel gesterf. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie