Vrou se lyk in Visrivier gevind
Henriette Lamprecht
Die liggaam van 'n vrou wat vermoedelik aangerand is, is Vrydag by die Visrivier agter die dadelplaas by Mariental ontdek.
Volgens die polisie se jongste misdaadverslag was die vrou ten volle geklee en het haar lyk al begin ontbind.
Die vrou, wat vermoedelik 20 jaar oud is, is deur 'n verbyganger ontdek wat gaan hout soek het.
Volgens die polisie het sy waarskynlik vir 'n geruime tyd met haar gesig in die water gelê en is daar 'n diep wond aan die regterkant van haar kop. Die vrou is nog nie geïdentifiseer nie en die polisie ondersoek die saak.
Op dieselfde dag is die lewelose liggaam van die 57-jarige Katrina Richter deur twee mans sowat 2 km noord van Maltohöhe ontdek.
Richter het glo alleen in die veld gaan hout soek en nie weer huis toe teruggekeer nie.
Volgens die polisie se misdaadverslag moes Richter vermoedelik ook vir 'n geruime tyd in die son gelê het. Geen gemene spel word vermoed nie en 'n nadoodse ondersoek sal die oorsaak van haar dood bepaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie