Vrou se lyk by Vierkantklip op strand gevind
Vrou se lyk by Vierkantklip op strand gevind

Vrou se lyk by Vierkantklip op strand gevind

Ronelle Rademeyer
Die polisie het pas bevestig hulle is besig met 'n ondersoek op die plek waar die lyk van 'n vrou vanoggend deur "'n private persoon" op die strand by Vierkantklip ontdek is.
Adj.komm. Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, het aan Republikein bevestig die polisie is tans op die toneel.
"Ek kan bevestig dit is 'n vrou." Hy sê sy het "'n ent van die see af" gelê. Dit wil nie voorkom of die lyk uit die see gespoel het nie.
Die polisie sal later meer volledige inligting met joernaliste deel, het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-12-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer