Vrou se liggaam geïdentifiseer
Henriette Lamprecht
Die vrou wie se liggaam Dinsdag langs die B1-pad by die Van Eck-kragstasie in Windhoek gevind is, is deur haar ouers geïdentifiseer.
Sy was die 25-jarige me. Iyaloo Hainghumbi van die Shandubala-nedersetting in Katutura.
Hainghumbi se ouers het aan die polisie gesê hul dogter het Maandag haar ouerhuis saam met vriende verlaat en nie weer teruggekeer nie.
Haar ouers het 'n berig oor die ongeïdentifiseerde lyk van 'n vrou in die koerant gelees, en dadelik vermoed dit is hul dogter.
kopwond
Hainghumbi is in die lykshuis deur haar ouers uitgeken. Sy was ten volle geklee en het geen uitwendige beserings gehad nie. Sy het wel 'n wond aan haar agterkop gehad. 'n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van haar dood bepaal. Volgens insp. Kauna Shikwambi, woordvoerder van die Namibiese polisie, word die saak steeds ondersoek en is moontlike verdagtes op vrye voet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie