Vrou met geen reisgeskiedenis toets positief vir Covid-19
'n Namibiese vrou (31) met geen reisgeskiedenis en kontak met 'n bevestigde Covid-19-geval nie, het positief vir die siekte getoets. Dit bring die aantal bevestigde gevalle in die land op 32 te staan. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula het die vrou op 11 Junie met verkouesimptome 'n private dokter besoek. Met verwysing na geval 22 sê Shangula die 63-jarige man word steeds van die ventilator gespeen en het begin om op sy eie asem te haal. Tot op hede is 5 682 weefselmonsters getoets, word 86 aktiewe kontakte gemonitor en is 713 mense tans in kwarantyn in die land.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie