Vrou in jou twintigs? Selfs dertigs? Hierdie is vir jou
Vrou in jou twintigs? Selfs dertigs? Hierdie is vir jou

Vrou in jou twintigs? Selfs dertigs? Hierdie is vir jou

[email protected]
Kristien Kruger
Ek het omtrent 'n maand terug 'n poduitsending geluister van twee vrouens in hul dertigs en hulle het gepraat oor “20 dinge wat hulle wens hulle geweet het toe hul 20 was”.

Nadat ek dit geluister het, het ek geweet dit is iets wat ek aan al my vriendinne moet stuur en ek wil graag 'n gedeelte daarvan vandag met julle ook deel. So alle dames in hul twintigs – let asseblief op.

Ek gaan beslis nie oor al 20 dinge gesels nie, maar slegs dié wat ek voel is van toepassing op ons kultuur en samelewing hier in Namibië en dit wat ek dink meisies die meeste mee sukkel, ek inkluis!

Eerstens, jy kan nie almal tevrede stel nie. In Antjie Krog se digbundel Mede-wete is daar 'n gedig "Om in 'n dogtertjie se kamer te slaap”. Dit gaan oor meisies se geneigdheid om altyd almal gelukkig te wil hou en seker te maak ons is perfek en ons sit nie 'n voetjie skeef nie. Dit begin al by 'n jong ouderdom en dit is myns insiens dat dit grootliks as gevolg is van die samelewing wat sekere eienskappe van ons verwag en dit amper op ons afdruk.

Dit is 2021 en ons hoef nie meer te maak asof ons al ons varkies in 'n hok het nie, want niemand het nie en dit is oukei!

In die poduitsending het hulle ook gesê: “Jy kan die sappigste, rypste perske wees en daar sal steeds mense wees wat nie van perskes hou nie.” So moenie probeer om die onmoontlike te verrig nie, wees eerder net jouself en moet jou nie steur aan ander mense se opinies nie.

Die mooiste ding wat 'n vrou kan wees, is haarself. Ken jou waarde, wees vreesloos jouself en vind vrede in wie jy is.

Nog 'n ding – dit is belangrik om jouself toe te laat om jou besluite te hersien. Ons hoef nie in 'n ongewenste situasie vasgevang te wees net omdat ons te bang is om van plan te verander nie. Soms is ons te trots om te erken ons het die verkeerde besluit geneem en dit weerhou ons daarvan om gelukkig te wees.

Moet ook nie bang wees om te vra as jy iets nodig het nie. Dit gaan hand aan hand met trots. Ons wil bewys ons is bekwaam en het nie ander se hulp nodig nie, maar ons benadeel op die ou einde net onsself. Mense kan nie jou gedagtes lees nie en hulle weet nie altyd wat jy nodig het nie, veral as jy probeer om dit weg te steek.

Soms is ons selfs kwaad omdat niemand aangebied het om te help nie. Sluk jou trots en vra vir hulp, vra vir 'n verhoging, vra vir raad, vra vir dit wat jy nodig het. Die ergste wat kan gebeur, is hulle kan nee sê.

Leer ook vroeg in jou lewe om altyd op tyd en betroubaar te wees. Nie net by jou werk nie, maar ook teenoor vriende en familie.

Om te kan nee sê, is ewe belangrik as om ja te sê. Soms voel ons te sleg om nee te sê. Ons pak goed aan waarvoor ons nie tyd het nie en werk ons oor 'n mik net omdat ons nie die vrymoedigheid het om nee te sê nie. Soms is dit belangriker om eers na jouself te kyk. Selfliefde is nie selfsugtig nie, dit is noodsaaklik.

Hou op om jammer te sê. Let bietjie op hoeveel keer jy jammer sê en baie keer is dit nie eens omdat jy iets verkeerd gedoen het nie. “Jammer ons huis is so deurmekaar”, “Jammer ek het nie tyd gehad om my hare te doen nie”, “Jammer ek bel nou eers”, “Jammer maar ek kan nie vanaand nie”, “Jammer ek is laat” en dit gaan aan en aan.

Moet nie jou lewe met die samelewing se vooropgestelde tydlyn vergelyk nie. Moet nie gedruk voel om 'n kêrel te hê, te trou en met 'n gesin te begin nie. Hoekom? Omdat almal rondom jou nes skrop? Omdat dit is wat almal van jou verwag? Almal se lewe loop verskillende paadjies. Moet nie oorhaastig wees nie en moet nie jou besluite baseer op die samelewing se opvatting van hoe jou lewe behoort te verloop nie.

Goed om in gedagte te hou: hou op wag vir 'n maklike uitweg en werk hard vir dit wat jy wil hê. Selfvertroue is alles – “fake it till you make it”. As iemand van jou hou, gaan jy dit weet en as jy moet wonder, dan het jy klaar jou antwoord. As mense nie tyd het vir jou nie, is dit omdat hulle nie tyd wil maak nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A