Vrou glo deur kêrel vermoor
Me. Sindendere Paula Kandambo (24) is Sondag omstreeks 06:00 by die Ou-Cordon-lokasie naby Mururani in die Kavango-Wesstreek glo deur haar 30-jarige kêrel vermoor.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is sy op haar nek en hande gekap en het op die toneel gesterf. Die verdagte is in hegtenis geneem en die polisieondersoek duur voort.
Nadat twee Suid-Afrikaanse mans Sondag omstreeks 22:00 by 'n huis in Nautestraat in die Goreangabdam-lokasie in Wanaheda 'n uitval gehad het, het een gesterf.
"Hulle het glo vroeër by 'n nabye kroeg gekuier. Die 32-jarige slagoffer is op die toneel dood nadat hy in die bors en rug glo deur sy 34-jarige medeburger met 'n mes gesteek is. Die verdagte het glo 'n ander man ook met die mes gesteek," sê die polisie.
Hy is in hegtenis geneem en sal vandag in die hof verskyn.
'n Sekuriteitswag (31) is Sondag omstreeks 02:00 by Calitos Bar op Ongwediva deur drie onbekende mans van sy swart dienspistool beroof.
"Dit word beweer dat die sekuriteitswag by die kroeg gesit het voor hy beroof is. Die verdagtes het in 'n silwer Toyota Corolla-voertuig gevlug," sê die polisie.
Nóg 'n geval van roof het by 'n kroeg plaasgevind. Saterdag omstreeks 01:45 is 'n 41-jarige vrou wat by die kroeg werk glo by die O.R.C Bar op Opuwo deur 'n 26-jarige man van 'n selfoon en N$ 1 900 beroof.
"Dit word beweer dat die vrou agter die kroegtoonbank ingegaan het om vir die man 'n bier te kry, maar hy het haar glo gevolg en haar sak met die geld gegryp," sê die polisie.
Die verdagte is in hegtenis geneem en N$374 is teruggevind. Hy sou gister in die hof verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie