Vrou forseer stiefseun glo om ontlasting te eet
Tuyeimo Haidula op Oshakati – 'n Vrou van Uukwiyuushona in die Oshanastreek is verlede week in hegtenis geneem omdat sy haar stiefseun na bewering mishandel het deur hom aan te rand en die sewejarige slagoffer te dwing om ander kinders se ontlasting te eet.
Die vrou (45) wie se naam weerhou word om die identiteit van die kind te beskerm, het in die landdroshof op Ondangwa verskyn op aanklag van die oortreding van artikel 254 (1) en (2) van die Wet op Kindersorg en -beskerming, ingevolge die bepalings van die wet op die bestryding van gesinsgeweld.
Sy word ook aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer, ingevolge artikel 21 van die Wet op die Bestryding van Gesinsgeweld, Wet No. 4 van 2003.
Die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Oshanastreek, adjunkkommissaris Hilja Haipumbu, het die saak Maandag aan ons susterkoerant Namibian Sun bevestig. Sy het gesê die saak is aanhangig gemaak deur die kind se tante, wat die letsels op sy lyf gesien het. Die kind se ma woon glo in Windhoek en die seun is in die sorg van sy pa se huidige vrou gelaat.
Volgens Haipumbu het die beskuldigde na bewering die kind oor sy hele liggaam met hout en doringtakke gebrand. Die vrou het glo ook grudade uitgevoer as die kind nie huistake verrig nie.
Sy is Donderdag in hegtenis geneem en het die volgende dag in die landdroshof op Ondangwa verskyn. Die saak is tot 5 Januarie 2022 uitgestel en die beskuldigde bly in aanhouding.
Haipumbu het sy teleurstelling oor die beskuldigde se dade uitgespreek en 'n beroep op lede van die publiek gedoen om die polisie te help om geregtigheid vir slagoffers te soek.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie