Vrou dood wat by vliegtuig se venster uitgesuig is
'n Passasier van Southwest Airlines in Amerika is dood nadat sy halflyf by die kajuit uitgesuig is. Die venster van die vliegtuig het gebreek toe die enjin ontplof en van die brokstukke die venster getref het.
Van die skrapnel het Jennifer Riordan, 'n ma van twee, getref voordat sy by die venster uitgesuig is. Ander passasiers het Riordan teruggepluk, berig BBC.
Hulle het noodbehandeling op haar toegepas, maar haar beserings was te ernstig en sy is later dood.
Skynews berig die vliegtuig was onderweg van New York na Dallas toe sy enjin op 32 000 voet ontplof.
ABCNews sê die vlieënier van vlug 1380 het die opdrag gekry om na Philadelphia te vlieg, waar die vliegtuig veilig geland het. Skade aan die enjin, romp en ’n vensterruit is aangemeld.
Foto’s wat op sosiale media geplaas is, wys hoe passasiers met suurstofmaskers sit, ’n stukkende venster en die oorblyfsels van ’n enjin.
Volgens NBC News kon die Amerikaanse burgerlugvaartowerheid nie onmiddellik vasstel wat gebeur het nie.
In berigte op sosiale media word genoem dat die lugdruk in die kajuit afgeneem het toe die venster gebreek het.
“Dit was ’n onbeheerde enjinfout. Enjins word ontwerp om binne die enjinomhulsel te breek sou iets skeefloop. In dié geval lyk dit asof die stuk metaal deur die omhulsel is,” sê Jay Blackman, NBC News se lugvaartkundige.
Volgens Southwest was daar 143 passasiers en vyf bemanningslede aan boord. Sewe passasiers het ligte beserings opgedoen. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie