Vrou dalk doodgeskok

Drie deur weerlig getref

05 February 2019 | Misdaad
Francoise Steynberg - Die liggaam van me. Renè Vermeulen (36) is Saterdag by die Betta Camp-kampterrein se swembad in die Maltahöhe-distrik gevind.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is haar liggaam omstreeks 17:35 met die grassnyer se elektriese koord in haar regterhand langs die swembad by die kampeerplek gevind.

"Sy is vermoedelik doodgeskok terwyl sy die swembad skoongemaak het," lui die verslag.



Me. Elmarie Duraan, wat Betta Camp se besprekings doen, wou gister geen inligting oor die voorval verskaf nie en het gesê die familie versoek privaatheid.

"Hulle is nog baie rou," het sy gesê.

Volgens die polisie sal 'n nadoodse ondersoek die oorsaak van haar dood bepaal.

Vermeulen se man, mnr. Hennie Vermeulen, is die eienaar van Betta Camp, wat op die C27- en D826-pad naby die Duwisib-kasteel geleë is.

SA MAN STERF Ná AANKOMS

Nóg 'n onnatuurlike sterfte het die naweek plaasgevind. 'n Bejaarde Suid-Afrikaanse man, wat Sondag pas op Walvisbaai geland het, is kort ná sy aankoms dood.

Volgens die misdaadverslag het mnr. Mackrill Claude Vernon Hilton (70) se vlug uit Kaapstad om 11:20 op die Walvisbaaise lughawe vanuit Kaapstad geland.

Hilton was glo van plan om vir vriende te kom kuier.

"Hy het na bewering toilet toe gegaan en is later deur personeel bewusteloos op die toilet gevind. Hy is na die Welwitschia Private Hospitaal op die kusdorp gehaas, waar hy by sy aankoms dood verklaar is," lui die verslag.

Die oorledene se liggaam is na die Walvisbaaise polisielykshuis vir 'n nadoodse ondersoek geneem om die oorsaak van sy dood te bepaal.

'n Jong man, mnr. Rayno Jakob Rooi (24), is vermoedelik deur 'n bende op Keetmanshoop vermoor.

Volgens die polisie is die oorledene se liggaam Vrydag omstreeks 02:45 naby die La Tropicana-vierrigtingstop gevind.

"Hy het veelvuldige steekwonde aan sy bors gehad. Hy was vermoedelik in 'n geveg met die XXX-bende betrokke," sê die polisie.

Vrydag is drie vroue (van 23, 21 en 20) omstreeks 16:15 deur weerlig by die Okandjengedi-nedersetting getref toe hulle onder 'n boom teen die reën geskuil het.

Hulle is per ambulans na die Oshakati-staatshospitaal geneem waar hulle in 'n stabiele toestand verkeer.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

2 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

2 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

3 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

14 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

14 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

14 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

14 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

14 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

14 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...