Vrou dagvaar Trump vir naamskending
Amerika
Een van ongeveer 12 vrouens wat voorheen die aangewese Amerikaanse president, Donald Trump, van ongewenste seksuele toenadering beskuldig het, het ‘n hofsaak teen hom aanhangig gemaak. Sy voer aan hy het valse en lasterlike uitlatings oor haar gemaak toe hy die beskuldiging ontken het en dat dit haar emosionele en ekonomiese skade berokken het.
Die hofsaak deur Summer Zervos, ‘n voormalige deelnemer aan Trump se realiteit TV-program The Apprentice, fokus op ‘n stroom ontkennings deur Trump wat verlede Oktober op haar en ander vrouens gemik was.
Volgens die klagstaat het Trump vir Zervos teen haar wil in Desember 2007 tydens ‘n onderhoud oor ‘n moontlike werksaanbod, in sy kantoor in New York en later in ‘n hotel in Beverly Hills gesoen, aan haar bors gevat en probeer om haar in die bed te kry. Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie