Vrou breek dogter se arm oor speserye

16 September 2021 | Misdaad
Tuyeimo Haidula op Oshakati – 'n Bejaarde vrou van ­Omulondo in die Oshikotostreek het haar dogter na bewering ernstig ­aangerand en 'n breuk veroor­saak wat tot 'n geamputeerde regterarm gelei het.

Die vrou, wie se naam weerhou word omdat sy nie formeel aangekla of in hegtenis geneem is nie, het me. Wilka Shikongo glo geslaan nadat sy speserye geëet het wat eintlik gebruik moes word om die vleis te geur.

Shikongo (43) herstel tans in die Onandjokwe-staatshospitaal, waar sy mediese behandeling ontvang.

Die voorval het in die middag­ure by Shikongo se ma se woonkwartiere op ­Omulondo in die Olukonda-kiesafdeling plaasgevind. Die polisie in die Oshikotostreek het die voorval bevestig en sou die slagoffer gister besoek om uit te vind of sy 'n saak aanhangig wil maak. Die Namibiese wet laat die staat toe om 'n saak namens die slagoffer aanhangig te maak as die persoon jonger as 18 jaar is.

'n Gesinswoordvoerder – Shikongo se broer – het gesê hulle vrees vir haar lewe en dat hul ma haar uiteindelik kan vermoor.

Die man, wat verkies het om anoniem te bly, het gesê hul ma het Shikongo op 6 Augustus vanjaar aangeval toe een van haar kleinkinders haar vertel het haar dogter is besig om die speserye te eet wat vir die vleis bedoel was. Hy het gesê sy ma het 'n groot stok (odibo) gevat en Shikongo daarmee begin slaan.

“Sy is na die Onandjokwe-hospitaal vir noodbehandeling gehaas. Die dokter het ná 'n paar weke vir haar gesê hulle moet die arm amputeer,” het hy gesê.

[email protected]

FOTO
‘n Pensioenaris van die dorp Omulondo het haar dogter, me. Wilka Shikongo, na bewering ernstig aangerand en 'n breuk veroorsaak wat tot 'n geamputeerde regterarm gelei het. Foto Verskaf

Soortgelyk

 

Veldbrande woed al tien dae

10 ure gelede | Ongelukke

Tanja Bause’n Groot aantal beeste loop langs distrikspaaie noordoos van Windhoek waar verwoestende veldbrande boere tussen Steinhausen en Omitara genoop het om grensdrade te knip...

‘Voltooi vanjaar se eksamen’

10 ure gelede | Ministeries

Henriette LamprechtSkryf die vraestelle wat moontlik is vóór die einde van die jaar met nuwe vraestelle in die plek van dié wat uitgelek het, identifiseer...

Oscar-benoeming dalk in ‘The White Line’ se visier

10 ure gelede | Byvoegsels

Die plaaslike rolprent The White Line is amptelik in die wedloop om oorweeg te word vir ’n moontlike Oscar-benoeming. Dit is die eerste Namibiese rolprent...

Voortrekkers trap vir renosters

10 ure gelede | Byvoegsels

Karli RudolphDie Voortrekkers vier vanjaar hul 90ste bestaansjaar met die tema “Voortrekkers gaan groot”. Die Namibiese Voortrekkers het daarom besluit om hul eie span vir...

V5 Digital a forerunner in digital solutions

10 ure gelede | Tegnologie

Iréne-Mari van der WaltMore than three years ago, Armin Wieland founded his business, V5 Digital, after noticing that there was a lack of companies in...

Do it with passion or not at all

10 ure gelede | Howe

Desiree Gases Ngeendina Angula, born and raised in Greenwell, Windhoek, moved to Cape Town, South Africa, when she was 13 years old and lived there...

A love for engineering and airplanes

10 ure gelede | Vervoer

Wetumwene Shikage Describing her journey at Fly Namibia, Gabriela Kamaahene says the experience has been surreal. She says the company continuously grows and she...

Opflikkering in inentings

10 ure gelede | Gesondheid

> >Dani Booysen - Nadat die wêreldwye verspreiding van ‘n nuwe variant van Covid-19, nou bekend as Omicron, Donderdag rugbaar geword het, het aansienlik...

Weer vir 3 Desember

10 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms kan oor die naweek in die verre Noorde voorkom. Koue lug word die naweek oor //Kharas verwag. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm...