Vrou (59) tronk toe oor dagga
Denver Kisting
'n Inwoner van Rehoboth is die afgelope week drie jaar gevangenisstraf opgelê weens daggabesit – net 'n dag nadat sy aangekeer is.
Volgens die misdaadkoördineerder in die Hardapstreek, adj.komm. Eric Clay, is die vrou, Katrina Beukes (59), Maandag op dié Hardap-dorp met dagga betrap en Dinsdag in die landdroshof dienooreenkomstig skuldig bevind.
Die straatwaarde van dié dwelms, wat by Beukes op 'n erf in Blok B gevind is, is N$1 700.
Na wat verneem word, is Beukes reeds op vier vorige dwelmverwante oortredings skuldig bevind, waarvoor sy net beboet is.
Clay was Woensdag vol lof vir die samewerking tussen die gemeenskap en wetstoepassers. “Ons moet opnuut lede van die gemeenskap bedank daarvoor dat hulle waardevolle inligting met die polisie deel, en ons moet ander mense aanmoedig om ook húl deel te doen,” het hy aan Republikein gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie