Vroeggebore tweeling sterk goed aan

Die Kotze-kleingoed moet vir minstens nog drie tot vyf weke in die hospitaal bly.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers van die Kotze-tweeling, Jaco en Joani, hulle uiteindelik vashou.

Pa Janus en ma Jadri, oorspronklik van Keetmanshoop, kon die eerste maand net hul hande op die boetie en sussie se lyfies plaas.

“Dit is nou wonderlik as daai klein lyfies so by mens lê,” sê Jadri.

Jaco het 1,1 kg en Joani 1,05 kg met hul geboorte op 29 Julie geweeg. Die tweeling is die afgelope agt weke in die neonatale intensiewesorgeenheid waar hulle volgens Jadri vir minstens nog drie tot vyf weke sal moet bly.

“Dit kan moontlik langer ook wees, maar ons bid vir korter! Daar is ’n moontlikheid dat Joani dalk voor Jaco ontslaan kan word, maar ons vat dit dag vir dag,” sê Jadri.

Volgens haar mag sy en Janus so lank as wat hulle wil deur die dag by die tweeling bly.

“Ons mag net nie in- en uitgaan nie. Ek gaan soggens so agt- of negeuur in en gaan tussen 17:00 en 18:00 huis toe.”

Jadri “help met alles”, ruil doeke om en help met die voedings.

Jaco kry deur voedingpypies sy melk en Joani se voedingpypies het volgens Jadri van haar mond na haar neus geskuif.

“Sy begin nou om met ’n koppie haar melk te kry en ek probeer ook borsvoed. Dis ook die volgende stappe vir Jaco.”

Huidig weeg Jaco 1,53 kg en Joani 2,07 kg.

Volgens Jadri was haar oorspronklike datum vir ’n keisersnee 14 Oktober, maar sy moes inderhaas Windhoek toe gevlieg word, nadat sy erge rugpyn gekry en bloeding gehad het.

Huidig bly Jadri by haar tannie in Windhoek, met Janus wat gereeld vir haar en die tweeling kom kuier.

Die egpaar het in Februarie uitgevind sy is swanger.

“Ek sal nie sê dit was ’n hoë risiko swangerskap nie. Vir die eerste 12 weke was ek elke week by die dokter, omdat ek bietjie met bloeding gesukkel het. Vanaf 16 weke het alles goed verloop; behalwe vir die bloeding was alles anders 100%,” sê Jadri.

Op ongeveer tien weke het die Kotze’s uitgevind Jadri verwag ’n tweeling.

“Ek wens ek kon my man se gesig afneem! Dit was doodstil in die spreekkamer. Die dokter het die sonar heen en weer beweeg en ek het later gewonder wat gaan aan. Skielik sê hy daar is twee!”

Die egpaar was stomgeslaan, erken Jadri.

“Dit was ’n mengsel van skok en opgewondenheid en ’n groot verrassing!” Daar is wel tweelinge in hul verlangse familie, maar nie by direkte familie nie.

Die Kotze’s se mediese fonds is ten spyte van ex gratia-fondse uitgeput en ’n spesiale rekening is geopen om geld vir hul versorging in die hospitaal in te samel. Vir meer inligting kan Jadri by 081 288 6102 gekontak word, of besoek die Facebook-blad “Kotze Tweeling Hulpfonds/Kotze Twin Aid Fund”.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.3 | EUR to NAD 19.96 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.67 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.92 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.67 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.09/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 2 887.40/T UP 0.45% | Brent Crude Oil US$ 85.07/BBP DOWN -0.0186 | Platinum US$ 952.05/OZ UP +1.85% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.3 | EUR to NAD 19.96 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.67 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.92 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.67 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.09/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 2 887.40/T UP 0.45% | Brent Crude Oil US$ 85.07/BBP DOWN -0.0186 | Platinum US$ 952.05/OZ UP +1.85%