Vroeë Kinderontwikkelingsentrums, kindertuine bly toe
Alle sentrums vir vroeë kinderontwikkeling (ECD), kindertuine, créches en pre-primêre klasse oraloor in die land bly gesluit totdat die skole amptelik weer op 3 Augustus open. Volgens die uitvoerende direkteur van die ministerie van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn me. Esther Lusepani moet die tyd gebruik word om voorbereidings- en reaksieplanne met betrekking tot Covid-19 en in lyn met protokol van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) voor te berei en te implementeer. Ook moet gefokus word op die ontwikkeling van die kapasiteit van onderwysers, asook die beplanning en implementering van voortgesette onderrig en ontwikkeling van kinders. Lusepani het ook sentrums aangemoedig om aktiwiteite en materiaal aan ouers beskikbaar te stel om kinders in die tydperk mee besig te hou. Ouers moet kinders tuis hou en enige sentrums wat wel oop is by mnr. Lukas Haufiku by 081 376 7780 aanmeld.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie