Vriende sterf in ongeluk buite Windhoek

07 May 2019 | Ongelukke
Ronelle Rademeyer - Twee jong vriende van Windhoek het kort ná eenuur Sondagmiddag naby die padblokkade op die B1 suid van Windhoek verongeluk, terwyl ’n derde insittende met ernstige beserings na ’n hospitaal vervoer is.

Mnre. Romeo Schwartz en Mave-Rick Gille is op die toneel dood verklaar.

Die polisie sê in sy misdaadverslag die bestuurder van die Volkswagen Polo waarin hulle gery het, het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor. Die voertuig het die pad verlaat en teen ’n helling af gerol.

Dit is nie bekend wie agter die stuur was toe die ongeluk plaasgevind het nie.

Dit bring die getal mense wat sedert Donderdag in Sentraal-Namibië in padongelukke dood is, op vier te staan.

In ’n ander noodlottige ongeluk Sondag het ‘n 57-jarige man gesterf toe die voertuig wat hy bestuur het buite Karibib op pad na Okahandja van die pad geloop en die versperring van ‘n brug getref het.

Mnr. Francis Kawana is op die toneel dood, terwyl ’n negejarige meisie met ligte beserings vir behandeling na die staatshopitaal op Usakos geneem is.

Die ongeluk het omstreeks halfsewe die aand plaasgevind.

‘n Onbekende voetganger is Donderdag omstreeks 11:30 langs die westelike verbypad naby die Katutura-staatshospitaal doodgery toe hy dié besige snelweg oorgesteek het, sê die polisie in sy misdaadverslag.

Die polisie se ondersoeke na dié drie voorvalle duur voort.

Soortgelyk

 

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

3 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Is groot Beethoven-feesjaar van die baan?

3 ure gelede | Kuns en vermaak

Groot feesvierings is wêreldwyd en veral in Duitsland en Oostenryk beplan ter herdenking van die komponis Ludwig van Beethoven se 250ste geboortejaar. Elretha Britz van...

Naam bekend van Namibiër wat in Engeland aan Covid-19...

4 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is, se naam is bekend gemaak.Hy is die 56-jarige mnr....

Paspoorte: Lorriedrywers kry voorkeur

4 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het by monde van sy woordvoerder, mnr. Sakeus Kadhikwa, ontken hulle reik tans...

Meer as 3 000 vir Covid-19 getoets

5 ure gelede | Gesondheid

Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste me. Esther Muinjangue sê 3 186 weefselmonsters is tot op hede vir Covid-19 getoets. Namibië het tans 21...

Moody's-klap voor begroting

15 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Op die vooraand van finansminister Iipumbu Shiimi se debuutbegroting sit die regering nie net kniediep in die rommel nie, maar verskraal sy...

Kwarantyn-drama ry lorriedrywers

15 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw op Walvisbaai – Die vragmotorbestuurder wat die afgelope naweek positief vir Covid-19 getoets het, sê sy voormalige werkgewer het hom en sy kollega...

Man voor hof ná 'hardhandigheid'

15 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – 'n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, wat aanvoer 'n beampte van die stadspolisie het hom verlede week aangerand, is Vrydag...

Weer, Dinsdag 26 Mei 2020

15 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue tot baie koue toestande word in die Suide, die Weste en oor die Khomas- en Omahekestreek verwag. Tref voorsorg.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud...