Vrese met voordele
As daar nou een ding is wat Joburg my geleer het, is dit om nie met oogklappe deur die lewe te gaan nie – mens moet waaksaam wees.
Jy kan nie net soos ’n happy idiot deur die lewe voortslenter nie.
O nee, jy moet voorsorg tref, jy moet bewus wees van alles wat verkeerd kan gaan. Maak nie saak waar jy jouself bevind nie. Selfs in Windhoek moet jy nie op jou louere rus nie.
Te alle tye is daar iets wat jou lewe kan bedreig: Jou kar kan rol, die hemel kan val, jy kan in jou two minute noodles verstik, ’n boom kan voor jou inspring, jy kan jouself in die toilet afspoel, die kantoor kan aan die brand slaan, die are in jou kop kan bars as jy te hard lag, huil of poep, jy kan met jou haardroër in die bad val en jou TV kan in jou gesig ontplof.
Jy kan ook met jou hakke in die pad vassit, dan ry die karre jou dood.
Om nie te praat van al die siektes wat jy kan opdoen nie – daar’s elke dag vyftig nuwes. En dan’s daar nog misdaad ook.
Om te lewe is gevaarlik.
In Joburg het ek en Spruit selfs ’n hijack-aksieplan gehad. Moenie die hek oopmaak wanneer jy reg voor jou hek stop nie, maak dit oop wanneer jy nog besig is om te ry, sodat jy nie in die oprit vasgekeer word nie. Spruit moes oefen om haar sitplekgordel reeds los te maak vóór ons by die motorpad inry sodat sy net uit die kar kan spring en weghol as ons gehijack word.
En dan moet sy ook liewers net die eerste vrou wat sy teëkom, om hulp vra, mens weet nooit wat ’n man aan haar kan doen nie. Lekker seksisties, my vrese, ek weet. My grootste vrees was egter dat hijackers met haar sou wegry. Ja, ek ís paranoid. Ek besef ook almal is nie so nie. Maar ek is eerder bang as dood.
Wanneer sy buite in die tuin speel, was ek daar met die panic button om my nek, want Joburg is vol wall hoppers – helder oordag. Sy is vir geen oomblik alleen in die tuin gelos nie. Saans is die alarms gestel, elektriese heinings aan, panic button op my bedkassie en ek, Spruit én ons drie honde in een kamer toegesluit – eers agter ’n traliehek in die gang, en dán agter die slaapkamerdeur. Maar as ’n brand sou uitbreek, was ons dood, want ons sou nie kon uitkom nie.
As jy geld trek, loop jy met jou sleutel tussen jou vingers gereed om enigiemand wat te naby kom se oë uit te steek. As jy in jou kar moet ry in die aand, stop jy eenvoudig nie by stopstrate of robotte nie. En as jy regtig móét, dan stop jy meters ver van die kar voor jou af, sodat as hulle skielik by hulle deure uitspring, jy nie nog hoef te reverse om weg te kom nie. Of jy gaan net eenvoudig nie uit saans nie. Jy sluit jouself in jou huis toe. Jy leef soos ’n gevangene.
Ons is nou nog skrikkerig om ná donker op straat te wees. Mens kan nou ook nie dink daar gebeur niks in Namibië nie, maar ek moet sê, ek hoor darem nie elke dag van hijackings en moorde in my buurt nie, wat help.
En ja, ek besef ek is oorversigtig.
Maar dis juis my intense bewustheid van alles wat elke blerrie oomblik van hierdie lewe verkeerd kan gaan, wat my so ontsettend dankbaar maak vir elke oomblik wat dit nié gebeur nie.
Mens kán bewus wees van al die gevare en steeds gelukkig deur die lewe gaan.
Ek is obviously nie baie lekker in my kop nie, maar ek’s gelukkig.
En vrek dankbaar.
Elke oomblik van pynlose, onbedreigde lewe is werklik ’n wonderwerk.
Mens het nie eintlik veel meer as dit nodig nie.
Mag julle almal op hierdie Valentynsnaweek geseënd wees met dáái wonderwerk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie