Vrese dat lawa kragaanleg kan laat ontplof
Vrese dat lawa kragaanleg kan laat ontplof

Vrese dat lawa kragaanleg kan laat ontplof

Lawa van die Kilauea-vulkaan in Hawaii het ’n put by ’n geotermiese kragaanleg bereik en vrese laat ontstaan dat dit tot ’n reeks ontploffings kan lei.

Dit lyk asof die lawa in die rigting van nog ’n put beweeg, het amptenare Maandag gesê.

Die aanleg is “veilig genoeg”, meen Hawaii se goewerneur, David Ige. Die burgerlike weermagagentskap sê ook die putte is “stabiel en veilig”.

Die staat se noodagentskap sê weer die bedreiging is ongetoets, want lawa het nog nooit op enige plek ter wêreld om ’n geotermiese aanleg gevloei nie.

Inwoners is bekommerd dat ’n ontploffing waterstofsulfiet en ander gifgasse in die atmosfeer sal vrystel.

Toe Kilauea op 3 Mei uitgebars het, is die geotermiese aanleg gesluit. Dit behoort aan Israel en voorsien krag aan 25% van die hoofeiland se inwoners.

Die operateur van die aanleg, Ormat Technologies, sê bogronds is daar nog geen sigbare skade nie, maar die situasie sal moet stabiliseer voordat die impak van die aardbewings daarop bereken kan word.

Meer as 250 aardbewings is die naweek by Kilauea se kruin getel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A