Vreesloos in Dubai
Krieket
Tielman van Lill – Kwarantyn van ses dae in hul individuele hotelkamers in Dubai het gister vir Namibië se krieketspan begin, ná hul aankoms in die Verenigde Arabiese Emirate vir die T20 Wêreldbeker.
Die Eagles sal dus eers ná hul individuele afsondering en negatiewe toetsuitslae vir Covid-19 weer as 'n span saam kan oefen.
Die nasionale span hoop om altesame ses opwarmwedstryde te speel, voordat hulle Sri Lanka op 18 Oktober en Nederland twee dae later in Abu Dhabi pak, gevolg deur Ierland op 22 Oktober in Sharjah.
Die opwarmstryde is teen die gasheerland die Emirate (5 Oktober), die volgende dag teen Papoea-Nieu-Guinee, Skotland op 9 Oktober, 'n herontmoeting teen PNG (10 Oktober), teen Oman (12 Oktober) en weer teen Skotland (14 Oktober).
Pierre de Bruyn, hoofafrigter van die Eagles, het gister gesê: “Hoewel ons nog onder streng kwarantyn is, is die gemoed uitstekend onder die spelers.
“Ons sien uit daarna om ná kwarantyn vir 'n paar dae te kan oefen voor die opwarmwedstryde begin en dan kom Sri Lanka aan die beurt. Dis van kardinale belang dat ons die eerste groepwedstryd op die regte noot begin.
“Ons almal weet Sri Lanka is en was nog altyd 'n gevaarlike span. Hulle het al tevore die Wêreldbeker gewen, dus sal die Eagles ons beste moontlike krieket teen hulle moet uitstal.
“Die span sal in geheel moet presteer; ons kan nie op net enkele individue staatmaak om die knoop deur te haak nie. Elke speler glo ons kan hulle klop om die res van die groep met die regte motivering te pak.
“Al drie spanne teen wie ons in die kwalifiserende groepronde gaan speel, is goed. Maar ons glo ons kan almal van hulle klop. Natuurlik verskil die lande se speelstyle en elkeen bring 'n ander uitdaging met verskillende wedstrydwenners in hul spanne.
“Die Eagles-spelers beskik almal oor die talent om hul man te staan.
“As ons nie glo ons kan al drie kragmetings wen nie of sekere lande as oorwinbaar beskou, dan gaan dinge nie vir ons uitwerk nie.
“Ons sal die toernooi stap vir stap vat en die eerste tree is om Sri Lanka te klop.
“Daar is enkele spelers met kleinerige beserings, maar hulle is in goeie hande en behoort gereed te wees.
“Die Eagles sal hul gebruiklike vreeslose krieket speel, soos ons aan gewoond is. Ek wil nie hê spelers moet met enige vrees vir die ander span op die veld stap nie. Elke speler sal sy beste voet moet voorsit en geen steen onaangeroer laat om ons teenstanders te uitoorlê nie.
“Dis Namibië se eerste kans om in die T20 Wêreldbeker te speel en ons sal vir almal wys van watter stoffasie die Eagles aanmekaar gesit is. Ons gaan vir niemand terugstaan om as 'n sogenaamde klein spannetjie gesien te word nie. Die spelers sal trots met breë borse en skouers op die veld stap en klipharde en goeie krieket speel.”
Net die toptwee lande in groep A en B sal hulle by die topagt lande vir die finale Supertwaalf-fase aansluit.
Die Eagles-groep: Gerhard Erasmus (kaptein), Stephen Baard, Zane Green, Karl Birkenstock, JJ Smit (onderkaptein), Michael van Lingen, Jan Frylinck, Michau du Preez, Nicol Loftie-Eaton, Bernard Scholtz, Craig Williams, Pikky Ya France, Ben Shikongo, Ruben Trumpelmann, David Wiese.
– [email protected]
FOTO
Die 36-jarige gewese Protea David Wiese het vanaf Johannesburg by die Namibiërs aangesluit. Met sy ondervinding die afgelope jare in professionele T20-ligas oor die wêreld heen word as hy ’n potensiële troefkaart vir die Eagles beskou. Foto Twitter (David Wiese)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie