Vrees vir beslaglegging knip Air Nam se vlerke
Vrees vir beslaglegging knip Air Nam se vlerke

Vrees vir beslaglegging knip Air Nam se vlerke

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Air Namibia het vanmiddag al sy geskeduleerde huurvlugte vir repatriasiedoeleindes met onmiddellike effek gekanselleer. Dit sluit die vlug na Suid-Afrika in wat Donderdag onderneem sou word.
Personeel van die nasionale redery is vanmiddag per e-pos as volg ingelig: "Neem asseblief kennis Air Namibia skort alle huurvlugoperasies met onmiddellike effek tot verdere kennisgewing op. Die kansellering sluit die beplande repatriasievlug na Suid-Afrika in wat vandeesweek sou plaasvind."
Nóg die waarnemende besturende direkteur, mnr. Elia Erastus, nóg die hoof van kommunikasie, mnr. Paulus Nakawa, kon telefonies vir kommentaar bereik word.
Republikein het betroubaar verneem die rede vir die besluit is 'n vrees dat diensverskaffers aan wie Air Namibia groot bedrae geld skuld, op die redery se vliegtuie sal beslag lê.
Een van die diensverskaffers is Castlelake Aviation in Amerika aan wie die nasionale redery maandeliks etlike miljoene moet betaal vir die huur van die twee Airbus A330-200-vliegtuie. Dit is is die nasionale rederye se grootste maandelikse uitgawe.

Kommentaar

Republikein 2026-07-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer