Vragverkeer via Botswana staan weens toe grenspos

20 May 2020 | Vervoer
Ronelle Rademeyer - Suid-Afrika het die Skilpadshek-grenspos tussen dié land en Botswana tydelike gesluit nadat ’n reisiger wat op 16 Mei deur die grenspos beweeg het, positief getoets het vir Covid-19.
Die grenspos is gesluit om die verdere verspreiding van die virussiekte te voorkom.
Mnr. MC Moagi van die department van gesondheid in Suid-Afrika het gister in ’n brief aan die grenspos se bestuurskomitee opdrag gegee om die “operasionele gedeelte” te ontsmet. Hy het gesê die gesondheidsbeampte by die grenspos sal die hoërisiko-gebiede uitwys. Dit sluit die toilette in.
Almal wat met die besmette persoon in kontak was, word opgespoor en geïsoleer, sê hy in die brief.
Vragmotors wat vrag uit Gauteng en ander dele van Suid-Afrika via Botswana na Namibië vervoer, gebruik hierdie grenspos by Zeerust.
Botswana het Saterdag begin om alle vragmotorbestuurders en ander reisigers wat die grenspos gebruik, vir Covid-19 te toets. ‘n Reël is ook ingestel dat vragmotors voortaan onder polisiebegeleiding in ‘n konvooi deur Botswana moet beweeg.
Moagi het vanoggend (Woensdag) by navraag aan Republikein gesê sodra die nodige ontsmetting gedoen is om seker te maak die virus is nie meer by die grenspos aanwesig nie, sal dit oopgestel word. Hy kon nie sê hoe lank dit sal duur nie.
Volgens hom is vragmotorbestuurders aangeraai om alternatiewe roetes na hul bestemmings te gebruik.

Foto Wikipedia

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

24th of May 10:45 | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

2 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

2 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

2 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

2 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

2 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...