Vragskuit bedien rivierbote en -lodges
'n Interessante en innoverende oplossing is gevind om goedere aan die gasvryheidsbedryf by die Choberivier te besorg.
Francoise Steynberg
Seapride Foods spog met 'n unieke vragskuit wat goedere by lodges en rivierbote op die Choberivier aflewer.
Seapride Foods het aanvanklik 'n viertrek afleweringsvoertuig gehad om die Namibiese gasvryheidsbedryf in die verre Noorde te bedien, maar het gou besef dit is nie volhoubaar tydens die reënseisoen nie.
In September 2016 het die Namibiese maatskappy Edelstahlbau opdrag gekry om 'n vragskuit te bou en op 18 April vanjaar is dele van dié vragskuit na Katima Mulilo vervoer om dit aan mekaar te sit.
Aan die einde van April is die vragskuit van 12 m by 3 m met twee 60HP Mercury-enjins op die Choberivier te water gelaat. Die onderste dek is met 'n dakstruktuur bedek en dit is weerskante toe.
Voorheen moes lodges en huisbote in die gebied die meerderheid van hul goedere weens ontoeganklikheid in Botswana aankoop.
Dit het bykomende invoerkoste en veeartsenypermitte vereis.
Die vragskuit het dié probleem opgelos en gevriesde, koel en droë goedere word hiermee vervoer. Die vragskuit kan tussen vier en ses ton vrag vervoer. Die gevriesde goedere word in vrieskaste van 6 520 l aan boord vervoer.
Die vragskuit is op Katima Mulilo gesetel en lewer een keer per week bestellings af. Vandaar vaar dit op Dinsdae na die Choberivier en die laaste aflewering op die roete eindig op Saterdae.
Die roete is tussen 140 km en 160 km lank.
Tans bedien Seapride Foods 10 kliënte langs die Choberivier.
“Die afleweringsdiens het groot potensiaal om te groei met veral Gondwana-lodges wat in die gebied open,” lui 'n verklaring van Seapride Foods.
“Die vragskuit is by al die relevante departemente geregistreer, wat toegang tot die rivier maklik maak. Veeartseny- en landboupermitte is ingesluit.”
Seapride Foods is 'n eg Namibiese maatskappy wat 25 jaar gelede deur mnr. Gerhard van den Berg in Walvisbaai gestig is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie