Vragmotor bots teen stilstaande treinwa

Henriette Lamprecht
'n Vragmotor het gistermiddag omstreeks 16:30 teen 'n stilstaande treinwa by die Usakos-spoorwegstasie gebots. Volgens inspekteur
Illeni Shapumba van die Namibiese Polisie in die Erongostreek, was die 43-jarige bestuurder wat alleen in die vragmotor was, op die B2-hoofpad van Arandis na Usakos onderweg.

"Die vragmotor se remme het gefaal en dit het teen die stilstaande trein by die stasie gebots. Skade is aan beide die vragmotor en die trein veroorsaak. Die bestuurder is ongedeerd en geen omstanders of voetgangers is in die voorval beseer nie," het Shapumba gesê.

Kommentaar

Republikein 2026-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer