Vrae oor Nathaniel-Koch se kwalifikasie
Vrae oor Nathaniel-Koch se kwalifikasie

Vrae oor Nathaniel-Koch se kwalifikasie

Die nuwe Vervoerkommissie se werksaamhede is weens vraag­tekens oor die voorsitter se kwalifikasie vertraag.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Sowat vier maande nadat die nuwe Vervoerkommissie van Namibië deur pres. Hage Geingob aangestel en mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, dit tydens 'n nuuskonferensie bekend gemaak het, is dit nog nie in die Staatskoerant ­gepubliseer nie. Die kommissie het ook nog nie vergader nie.

Volgens 'n bron in die lugvaartbedryf is daar aansoeke deur operateurs oor kwessies rakende lugdienslisensies wat voor die kommissie moet doen.

Dit blyk die vertraging in die wetlike bekendmaking van die kommissie het te make met vrae oor die kwalifika­sie van die voorsitter, me. Rachelle Nathaniel-Koch.

Die ander vier lede van die kommis­sie is die ondervoorsitter, adv. James Diedericks, mnr. Joe Shipepe, mnr. Mapuku Thiokusho en dr. Helvi Petrus.

Die Wet op Padverkeer en Vervoer, nr. 22 van 1999, vereis die voorsitter moet 'n toegelate regspraktisyn wees wat vir ten minste vyf jaar gepraktiseer het.

Volgens me. Julia Gibeon, junior regsbeampte by die ­Prokureursorde, is Nathaniel-­Koch se naam nie op die databasis van toegelate regsprak­tisyns nie.

Mutorwa het by navraag gesê hy is bewus van die kwessie.

Volgens hom is 'n navraag oor of sy toegelaat is of nie, aan die ministerie van justisie gerig.

Hy sê in die tussentyd is nog die ­geldigheid, nog die werksaamhede van die kommissie egter aangetas.

“Die kommissie kan met net vier lede onder aanvoering van die ondervoorsitter vergader,” sê hy.



UITSLUITING

Mnr. Jonas Sheelongo, adjunk- uitvoerende direkteur in die ­ministerie se departement vervoer, het intussen 'n sertifikaat van uitsluiting wat op 21 Mei 2013 deur die destydse minister van justisie, mnr. Utoni Nujoma, aan haar uitgereik is, aan Republikein gestuur.

Nujoma sê daarin hy sertifiseer ná beraadslaging met die raad vir regs­opleiding dat Nathaniel-Koch vry­gestel word van Artikel 5(1)(cA)(i)(aa) van die Wet op Regspraktisyns van 1995 aangesien sy vir 'n tydperk van vyf jaar “'n bevredigende diens” vir die staat by die regshulpraad verrig het.

Sheelongo sê die voltrekking van die aanstelling deur 'n aankondiging in die Staatskoerant behoort vroeg vanjaar afgehandel te wees.

'n Tweede kwessie waaroor 'n bron in die lugvaartbedryf bekommerd is, is 'n moontlike botsing van belange as 'n aansoek deur Air Namibia voor die kommissie sou dien.

Die rede daarvoor is dat Diedericks verlede jaar vir Air Namibia opgetree het in die dringende hofaansoek wat gedien het nadat die vorige Vervoerkommissie, onder voorsitter­skap van me. Eldorette Harmse, die ­nasionale redery se lugdienslisensie vanweë sy benarde finansiële situasie opgeskort het. Die aangeleentheid is steeds hangend.

Mutorwa sê indien die kommissie oor 'n kwessie rakende Air Namibia moet besluit, sal Diedericks hom as gevolg hiervan moet verskoon.

Nathaniel-Koch woon die afgelope jare op Rundu waar sy as apostel van die Enlightened Christian Gathering (ECG) kerkdienste aanbied.

Sy was met die Duitse miljoenêr, mnr. Hans-Jürgen Koch, getroud. Hy het na Namibië gevlug nadat hy in die 1990's na bewering bedrog van 43 miljoen euro gepleeg het. Duitsland het aansoek gedoen vir sy uitlewering, maar hy is dood voor die aansoek afgehandel is.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%