Vraag na olie droog feitlik op
Vraag na olie droog feitlik op

Vraag na olie droog feitlik op

Help finansier stimuluspakket
Riana de Lange - Die lae olieprys wat vir Suid-Afrikaanse motoriste 'n verlaging in die brandstofprys in Mei kan beteken, kan ook vir die regering 'n kans bied om die brandstofheffing te verhoog en so sy fiskale stimuluspakket van R500 miljard teen Covid-19 te help finansier.

Só bespiegel Izak Odendaal van Old Mutual Wealth met die prys van Brent-ruolie op sowat US$22 per vat. 'n Maand gelede het dit nog teen US$27 per vat verhandel.

Die moontlike inkomste uit 'n hoër brandstofheffing sal egter afhang van hoeveel verbruikers kan ry en hoeveel brandstof hulle koop, sê hy.

Tito Mboweni, minister van finansies, sal na verwagting binnekort 'n nuwe begroting aankondig om te wys waar die geld vir die stimuluspakket vandaan sal kom en hoe dit bestee sal word.

Odendaal sê die lae olieprys is goeie nuus vir Suid-Afrika as 'n olie-invoerder omdat 'n laer brandstofprys laer inflasie beteken, wat die Reserwebank dus nóg ruimte gee om rentekoerse te verlaag.

Oliepryse is sedert begin vanjaar onder druk en was die laaste twee weke baie wisselvallig weens onsekerheid oor die uitwerking van die Covid-19-pandemie op ekonomieë wêreldwyd.

Ekonomieë wat feitlik tot stilstand kom, het die vraag na olie feitlik laat opdroog en selfs voor Covid-19 was daar 'n ooraanbod wat oliepryse onderdruk het, sê Odendaal.

SLUIPMOORD

Odendaal sê ná die sluipmoord op die Iranse militêre leier Kasem Soleimani in Januarie het die prys van olie ­kortstondig opgeskiet soos wat in oorlogsituasies gebeur, maar toe weer ­teruggeval weens 'n strukturele ­ooraanbod van olie in die wêreld.

Olie het dié week vir hoofopskrifte gesorg toe die kontrakpryse van West Texas Intermediate (WTI)-ruolie vir ­lewering in Mei tot onder nul gedaal het.

WTI is die verwysingsprys vir Amerikaanse brandstof. Suid-Afrika gebruik die prys van Brent-ruolie as verwysing, sê Bishop.

Suid-Afrika voer olie in van Saoedi-Arabië, Nigerië, Angola, Iran en ander lande in die Midde-Ooste en Noord-Afrika.

Bloomberg berig die vraag na brandstof in Amerika het met vier miljoen vate per dag afgeneem weens inperkingsmaatreëls.

Odendaal verduidelik kragtens WTI-termynkontrakte moet die houer van die kontrak die olie fisiek ontvang wanneer die kontrak gesluit word. Die olie word in Cush­ing in die Amerikaanse deelstaat Oklahoma gehou wat 'n groot handelsnode vir ruolie is.

Die houers van die Mei-kontrakte wou die olie egter nie op 21 April ontvang nie, want daar is tans geen vraag nie, bergingsplek raak min en is dus ook duur. Kontrakhouers het dus betaal om nie die olie te ontvang nie.

Bloomberg berig olietenkskepe wat genoeg ruolie kan dra om in 20% van die wêreldverbruik te voorsien, lê voor anker aan die kus van Kalifornië omdat hulle weens die swak vraag na olie nêrens het om heen te gaan nie.

Meer as 30 skepe is nou basies dry­wende bergingsplek vir die olie. Dié meer as 20 miljoen vate ruolie is die grootste volume ruolie ooit wat op een gegewe tydstip aan die Amerikaanse weskus in olietenkers dryf, sê Kpler SAS, wat die verkeer van olietenkskepe monitor.

Van die tenkskepe lê al sewe dae in die omgewing.

Volgens Odendaal is die prys op die WTI-kontrakte vir later in die jaar steeds positief.

Intussen beplan olieprodusente wêreldwyd om produksie van 1 Mei in te kort om die prysinsinking te keer.

– Netwerk24/Rapport

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.55 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.17/OZ DOWN -0.0018 | Copper US$ 4.43/lb UP +0.60% | Zinc US$ 2 818.40/T UP 0.59% | Brent Crude Oil US$ 87.91/BBP DOWN -0.0048 | Platinum US$ 903.72/OZ DOWN -0.0068 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.55 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.17/OZ DOWN -0.0018 | Copper US$ 4.43/lb UP +0.60% | Zinc US$ 2 818.40/T UP 0.59% | Brent Crude Oil US$ 87.91/BBP DOWN -0.0048 | Platinum US$ 903.72/OZ DOWN -0.0068