Vra die hof
DUIWELSADVOKAAT SKRYF:
Die warboel oor die registrasie en diskwalifisering van kandidate vir die Nasionale Vergadering herinner my aan die priester wat die boekrol van die Wet ontdek het in die dae van Koning Josua – wat op 8 jaar koning geword het, volgens die Bybelverhaal.
Iemand by die Verkiesingskommissie het nou, na 29 jaar en vele verkiesings, ‘n artikel oor die geskiktheid van kandidate raakgelees.
Al wat wetsgeleerde is, het nou ‘n mening oor die betekenis van die artikel. Daar is seker nie genoeg fondse nie om die mening van ‘n bevoegde hof te kry en nog vir die partytjies en verversings ook te betaal, om te bepaal WAT die bepalings nou eintlik beteken. Nou word almal op hol gejaag.
Ek stem saam met die Ombudsman. Kry ‘n hof se sienning en nie elke Jan Rap en sy maat se mening nie.
Op die einde van die dag weet die kiesers nie of hulle moet stem of nie as die kandidate se bevoegdheid dan nou in gedrang is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie