Vooruitsigte vir inflasie
Vooruitsigte vir inflasie

Vooruitsigte vir inflasie

Verbruikers nou ’prysgevoelig’
Elvira Hattingh
Dr. Kobus

Laubscher



Kosinflasie was in Oktober 2020 op dieselfde vlak as in Augustus 2017. Verbruikers kan met reg wonder of die lae kosinflasie verby is, veral met die oog op die komende feesgety.

Hooflyninflasie het ook effens in Oktober verhoog, maar is op 3,3% ruim onder die Reserwebank se teikens.

Vir die verbruiker het dié syfers egter maar min waarde, want dit verskil ooglopend van wat hulle aan hul beursie voel. Die Nasionale Bemarkingsraad verwerk werklike pryse vir 'n mandjie van 28 items en daardie mandjie het vir die jaar tot in September 2020 met meer as 10% duurder geraak.

Inflasie het tegnies twee vername dryfkragte. Enersyds dryf vraag veranderings, terwyl die aanbod ewe belangrik is. Pryse sal byvoorbeeld styg as die aanbod onvoldoende is, maar pryse kan ook daal indien verbruik, en gevolglik vraag, afneem.

As 'n mens die waardeketting van landbou­produkte baie eenvoudig ontleed, met die plaashekprys as vertrekpunt, het waardetoevoeging of die transformasie van die basiese produk 'n impak op koste.

Verbruikers koop immers brood en nie koring nie. Veranderings aan die koste van toegevoegde waarde het 'n impak op die plaashekprys en die prys wat verbruikers betaal.

Die goeie nuus is dat Suid-Afrika die grootste koringoes in die afgelope twee dekades verwag, met die verwagte oeste van kanola en gars die grootste in die geskiedenis.



VOORUITSIGTE

Hoewel Suid-Afrika 'n netto invoerder van koring is en as sulks afhanklik is van globale markomstandighede, is die vooruitsigte positief in terme van voorsiening en dalk ook pryse.

Pryse is natuurlik onderhewig aan die wisselkoers.

Verdere goeie nuus is dat oesverwagtinge vir somergraan ook baie belowend lyk, wat moontlik goeie nuus is vir baie wat gedurende grendeltyd van brood moes afsien om meer mieliemeel te gebruik.

Dit het 'n impak op die mieliemark, aangesien geelmielies grootliks sal moet instaan vir die vraag na mielies vir dierevoeding. Minder witmielies sal aanwending vind, want dit wat nie vir menslike verbruik aangewend word nie, word dierekos.

Binnelandse mieliepryse behoort ook gunstiger te wees in die landbousektor waar dit as inset gebruik word.

Die pryse van soja het egter die hoogte ingeskiet omdat dit aan internasionale pryse gekoppel bly. In hierdie verband is daar ander drywers, soos die aggressiewe herstel van China se varkboerderye.

Met positiewe vooruitsigte van verbeterde handelsbetrekkings met China onder die Biden-administrasie, kan die vraag na grane wat die miljoene Chinese varke moet voed, interessant laat verander.



BESTEDING

Terug op eie bodem beteken laer inflasie nie dat die verbruiker skielik meer gaan bestee nie. Trouens, hoë inflasievlakke druk mense om te koop wat hulle nodig het om die impak van prysstygings te keer.

In daardie proses word vele onnodige aankope ook gedoen.

Een van die pandemie se vele gevolge is prysgevoeligheid van verbruikers. Laer inflasie sal aankope uitstel en met besteebare inkomste onder geweldige druk, gaan minder aangekoop word.

Swart Vrydag se aankope was traag en oor tyd versprei. Kortom, die verbruiker sal twee keer dink voordat gekoop word en vir Kersfees 2020 sal aankooppatrone in lyn wees met hoe mense hulself teen moontlike besmetting verskans – geen kanse word gewaag nie.

Talle verbruikers sal, as gevolg van stygende werkloosheid, nie kan koop wat hulle wil hê nie, maar eerder wat hulle kan bekostig.

Daar is ook kommer oor die impak van sogenaamde institusionele inflasie soos die koste van elek­trisiteit en vervoer.

Dié uitgawes vat 'n groeiende hap uit beursies wat reeds plat is. Dit is veral die arm gedeelte van die bevolking wat swaar kry. Werkloosheid is die ergste hier en in baie gevalle is die aantal broodwinners per gesin of sonder werk, of verdien net enkeles 'n inkomste.

Die jongste statistiek dui daarop dat die deel van die bevolking wat in hierdie kategorie val, groter word met min vooruitsigte van verbetering in die afsienbare toekoms.

Die eenvoudige raad is om versigtig te koop, spesiale aanbiedinge net te oorweeg as dit werklik nodig is en om die dollar te rek. So 'n benadering sal bepaald ook prysstygings ontmoedig.

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.9 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.21 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.01/OZ DOWN -0.0041 | Copper US$ 4.90/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 985.30/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 82.76/BBP DOWN -0.0061 | Platinum US$ 1 076.02/OZ UP +0.58% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.9 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.21 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.01/OZ DOWN -0.0041 | Copper US$ 4.90/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 985.30/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 82.76/BBP DOWN -0.0061 | Platinum US$ 1 076.02/OZ UP +0.58%