Vooruitgang met tekortkominge en al
Ons maak vordering en ons prestasies in die lewe word elke dag meer. Tog strompel elkeen deur sy eie bestaan en val soms plat op ons gesigte. Dikwels voor die mense wat ons die graagste wil beïndruk. Dit is deel van die lewe en moet opreg verstaan word. Mense is nie volmaak nie. Wat my van dié stelsel pla, is die seer wat ek mense kan aandoen, veral aan die mense die naaste aan my.
Ek haat dit om teleurstelling in ’n geliefde se stem te hoor. Ongelukkig gebeur dit telkemale. As dit verder uitgebrei word, wil ek glad nie meer luister nie. Ek wil dit net weg wens.
Die vordering wat ons maak, is hierop gemik en sonder om te luister en aandag te gee aan die ongemaklike waarhede, wag baie meer ineenstortings op ons en minder tree vorentoe.
Die punt is om uit jou foute te leer en om weer te probeer. Ek moet my tekortkominge erken en om verskoning vra, met die belofte om daaraan te werk en te verbeter.
Dan eers kan ek my fokus weer op myself plaas om te verbeter, en om so gemaklik in my eie lewe te raak, dat ek maklik die vreugde van sukses in my daaglikse ervaring kan geniet.
Die lewe is ’n lied en as jy nie goed kan sing nie, kan jy dalk die kitaar speel, of dans, of net op die maat van die musiek hande klap. Jy moet deelneem. Ek mag nie in my verdriet, my selfveroordeel en my mislukking gevange bly nie. Ek moet leer om dit te vermy; dit raaksien en verby stap. Tree vir tree, vorentoe.
Tot ’n mate kan dieselfde ook van toepassing wees op Namibië as ’n land en die lot van sy mense.
Ons maak vordering en daar is werklik daaglikse prestasies wat merkwaardig is. Verlede week het ons ’n verkiesingsproses, ten volle onbetwis, vreedsaam en ordelik afgehandel. Wêreldwyd is dit ’n groot prestasie.
Met ander onmiddellike brood-en-botter-kwessies is daar egter daaglikse mislukkings. Hoe lank sal Namibië ’n ryk land vol arm mense bly? Sal ons nou eerlik wil erken dat ons nie enigiets daaraan kan doen nie? So baie grond en so baie grondloses? Diamante om te verkoop, maar kinders is sonder kos? Nee man, staan op en ruk jouself reg. Jy kan beter en jy moet beter.
Tot jy weer val. Mense is nie volmaak nie en die land is nie perfek nie. Goed so. Beteken dit jy moet die handdoek ingooi, tjank jy oor jou lot? Selfs ’n onvolmaakte persoon, kan trots staan in die geloof dat sy foute stadigaan sal verminder. Om op te hou om dieselfde foute te maak, is nie altyd so eenvoudig nie, maar dit kan gedoen word. Ons kan dit doen. Namibië kan dit doen. Ek kan dit doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie