Vooruitgang in stryd teen weerstandige TB
Die gemiddelde duur van die behandeling vir middelweerstandige tuberkulose is twee jaar.
Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, me. Lisa Johnson, en verteenwoordigers van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het ’n mylpaal in die suksesvolle behandeling van drie jong pasiënte met uiters middelweerstandige tuberkulose (TB) in die Katutura-staatshospitaal gevier.
Die drie pasiënte is deel van ’n groep van 41 TB-lyers wat tans vir weerstandige TB behandel word danksy die finansiële ondersteuning van die KNCV-uitdaging TB-projek, wat deel van die Amerikaanse President se Noodplan vir Vigsverligting (Pepfar) en die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (Usaid) vorm.
Amb. Johnson het ook die TB-saal besoek en drie elektrokardiogram-masjiene ter waarde van N$75 000 aan die ministerie van gesondheid oorhandig. Die masjiene sal gebruik word om die nadelige uitwerking wat geassosieer word met die gebruik van medikasie vir weerstandige tuberkulose in verskeie klinieke te monitor.
In die verlede was ’n diagnose van multi- of uiters middelweerstandige TB bykans altyd ’n doodvonnis.
In Namibië het die Amerikaanse regering deur middel van Pepfar die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste toegang tot nuwe TB-medikasie soos Bedaquiline gegee.
Die gemiddelde duur van die behandeling vir middelweerstandige TB is twee jaar, waarvan ses maande die byvoeging van Bedaquiline teen ’n koste van N$1 000 per pasiënt per dag kan insluit.
Volgens Johnson is TB verantwoordelik vir meer sterftes as enige ander aansteeklike siekte in die wêreld en in veral dié wat MIV-positief is.
“In Namibië neem TB-infekterings af en gevalle van suksesvolle behandeling neem toe. Dit bly egter steeds noodsaaklik om te verseker dat MIV-lyers hul risiko verminder om TB op te doen,” het Johnson gesê.
Met meer as 120 pasiënte is die TB-eenheid by die Katutura-hospitaal die besigste TB-saal in die land, waar die meeste gevalle van middelweerstandige TB spesiale sorg ontvang.
Tans is 41 pasiënte deel van die program om multi- en uiters middelweerstandige TB te behandel.
Om hul dankbaarheid te betoon, het die drie voormalige pasiënte ’n skildery aan Johnson oorhandig wat deur een van die kliniek se pasiënte geskilder is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie