Voorstellebussie nou ook in Havana
Die Havana-nedersetting in die Moses ||Garoëb-kiesafdeling het onlangs ook ''n bussie gekry waarin inwoners voorstelle aan die Namibiese polisie kan maak.
Dié voorstellebussie is voor U-Save-inkoopsentrum aangebring.
Tydens die bekendstellingsgeleentheid het die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, die gemeenskap versoek om saam met die polisie te werk en inligting oor misdaad te verskaf. Inligting moet tot misdade beperk word en nie vir persoonlike vetes gebruik word nie, het hy gesê.
As vroue weet hul mans is werkloos, maar kom met duur artikels by die huis aan, moet hulle lont ruik. Inligting oor dwelmsmokkelary kan ook deur middel van die bussie deurgegee word, het hy gesê.
“Tsotsi''s bly nie alleen op ''n eiland nie, maar is deel van die gemeenskap,” het Ndeitunga gesê.
Hy het daarop gewys dat mense wat misleidende inligting aan die polisie gee, vervolg kan word.
Mnr. Festus Ngauonduezu (56), ''n inwoner van die buurt, het gesê hulle is bewus van wat in die buurt aangaan, maar is bang om daaroor te praat.
“Soms is die wetstoepassers ook betrokke en ons weet nie hoe nie, maar nou sal ons net skryf en dit in die bussie gooi,” het hy bygevoeg.
Die stasiebevelvoerder van die Wanaheda-polisiekantoor, hoofinsp. Josia Shikongo, het gesê die bussie sal daagliks leeggemaak word. As ''n polisiebeampte by ''n misdaad betrokke is, sal stappe teen die persoon gedoen word, het hy verseker.
Hy het genoem van ''n klagte wat in die bussie by Shoprite in Katutura gegooi is en tot die ingehegtenisneming van ''n polisiebeampte gelei het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie