Voorsorgmedikasie nou in Namibië
Medikasie is nou in sekere dele van die land beskikbaar om MIV-infekterings te verminder.
Henriette Lamprecht - Pre-blootstelling profilakse (PrEP) oftewel voorsorgmedikasie is 'n MIV-voorkomingsbenadering wat behels dat 'n MIV-negatiewe persoon anti-MIV medikasie gebruik om die risiko van MIV-infektering te verminder.
In Mei vanjaar is medikasie vir PrEP-doeleindes deur die Namibiese Medisynebeheerraad goedgekeur.
Die doel is om nuwe MIV-infekterings en Vigs-verwante sterftes te verminder sodat lewensverwagting verhoog kan word en om 'n Vigs-vrye generasie te verseker.
Die Namibiese PrEP-projek sal met die hulp van huidige riglyne en standaarde van sorgdienste geïmplementeer word.
Dit is 'n gesamentlike projek met Intrahealth International, die Society for Family Health, die Walvisbaaise Korridorgroep, sowel as die Namibiese Vereniging vir Beplande Ouerskap.
Die PrEP-projek word in Walvisbaai, Oshikango, Windhoek, Onandjokwe, Omuthiya, Tsumeb, Grootfontein, Andara, Nyangana, Oshikuku, Odibo, Rundu en Katima Mulilo van stapel gestuur.
Volgens dr. Kevin Rebe van die Anova-gesondheidsinstituut verminder die gebruik van TDF/FTC een keer per dag MIV-negatiewe persone se risiko vir MIV-infektering. Dit is 92 tot 100% doeltreffend in kombinasie met ander voorkomingsmaatreëls.
Volgens Rebe moet dit daagliks ingeneem word en het dit beperkte newe-effekte.
“PrEP is nou 'n hulpmiddel wat ons by MIV-voorkoming kan voeg en wat gapings vul wat deur ander voorkomingsmaatreëls gelaat is,” het Rebe gesê.
Dit integreer goed met huidige praktyke en kan deur beraders, verpleegsters en dokters geïmplementeer word.
“PrEP ondersteun bereikbare risikovermindering waar tradisionele voorkomingstrategieë misluk het.”
Volgens Rebe is die newe-effekte van PrEP voorspelbaar en hou dit meestal met die spysverteringstelsel verband.
Minder as 10% van gebruikers ervaar dié newe-effekte in die eerste maand van gebruik.
Die uitwerking van PrEP-gebruik op die lewer is ook bestuurbaar en net tydelik.
“PrEP-gebruik word met 'n klein verandering (-1%) in die digtheid van beenminerale geassosieer, maar daar is geen verhoogde risiko vir breuke nie.”
Rebe maan egter PrEP vereis volgehoue toetsing van gebruikers.
Hy het beklemtoon die voorsorgmedikasie voorkom nuwe infekterings en verminder sodoende die las op antiretrovirale behandelings(ART)-programme.
Die Namibiese KP PrEP-demonstrasieprojek word deur die Society for Family Health by die Walvisbaaise Korridorgroep in Windhoek, Walvisbaai en Oshikango geïmplementeer.
Tegniese ondersteuning word deur Usaid Equip, in samewerking met die Anova-gesondheidsinstituut, verskaf en sluit opleiding van personeel en mentorskap in.
Die fokus sal val op mans wat seks het met mans (MSM) en op sekswerkers. 'n Beraamde 1 000 mense sal hierby betrek word.
Ontvangers moet aan alle toelaatbaarheidskriteria vir PrEP-gebruik voldoen en MIV-negatief wees.
Die kriteria sluit voorts 'n fisieke ondersoek, MIV-toetsing en –berading, sowel as swangerskap-, bloed- en urientoetse in.
Opvolgbesoeke is 'n maand ná gebruik en dan weer elke drie maande waartydens bogenoemde toetse weer uitgevoer sal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie