Voorsorgkommissie verhoog kraamvoordele
Miljoene dollar vir wagkamers vir swanger vroue
Tanja Bause - Die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) gaan N$43 miljoen in die volgende finansiële jaar bestee om drie wagkamers vir swanger vroue in die Noorde te bou. Die SSC gaan ook 50% van die koste van ? gesondheidsentrum betaal.
Die wagkamers sal by die Outapi- en Katima Mulilo-hospitaal, asook by die Rundu intermediêre hospitaal gebou word. Die SSC sal ook 50% tot die boukoste van die Aussenkehr-gesondheidsentrum in die //Kharasstreek bydra. Spesiale beddens teen 'n beraamde koste van N$3 miljoen sal aan kraameenhede in die land geskenk word.
Die wagkamers en die gesondheidsentrum sal ná voltooiing aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste oorhandig word wat vir die bestuur daarvan verantwoordelik sal wees.
“Die wagkamers vorm deel van die SSC se korporatiewe maatskaplike belegging. Dit sal die lewens van swanger vroue en hul kinders verbeter wat nou onder bome in die son en onweer sit en wag totdat die vroue geboorte skenk,” het mnr. Johannes !Gawaxab, voorsitter van die SSC-raad gesê.
Die SSC gaan ook kraamverlofvoordele met 24% verhoog. Die voordeel is gelyk aan 100% van die basiese loon van vroulike werkers tot ? nuwe maksimum van N$13 000 teenoor die bestaande N$10 500 per maand.
Siekteverlofvoordele is nou gelykstaande aan 75% van die nuwe maksimum basiese loon van N$13 000 per maand vir die eerste 12 maande en 65% vir die laaste 12 maande. Dit is dui op 'n verhoging van 24%.
Die sterftevoordeel is ook met 54% van die huidige N$5 515 na N$8 475 verhoog.
Lede ontvang voorts ? enkelbedrag van N$8 475 wanneer hulle aftree of permanent ongeskik verklaar word.
Volgens !Gawaxab moet die SSC in pas met die maatskaplike voorsorgwet ? nasionale mediesevoordeelfonds (NMBF) en ? nasionale pensioenfonds (NPF) implementeer.
“In die volgende 12 tot 18 maande behoort ons die NPF bekend te stel, waarna ons aan die NMBF sal begin werk,” het !Gawaxab gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie