Voormalige Duitse president Walter Scheel oorlede
Die Duitse ambassade in Windhoek het ’n boek van medelye geopen ná oudpres. Walter Scheel van Duitsland se afsterwe verlede Woensdag.
Hy was 97 jaar oud en het ná ’n lang siekbed gesterf.
Die boek van medelye is tot vandag vanaf 09:00 tot 13:00 by die ambassade se kantore op die sesde vloer van die Sanlam-sentrum in Windhoek beskikbaar.
Scheel is op 8 Julie 1919 gebore.
Hy was ’n lid van die Vrye Demokratiese Party (FDP) en vanaf 1961 tot 1966 die land se federale minister van ekonomiese samewerking en ontwikkeling.
Hy was ook vanaf 1968 tot 1974 die leier van die FDP.
Tydens die kanselierskap van mnr. Willy Brandt was Scheel die minister van buitelandse sake en visekanselier.
Scheel was vanaf 7 tot 16 Mei 1974 waarnemende kanselier, nadat Brandt na aanleiding van die sogenaamde “Guillaume Affair” bedank het.
Dit was ’n Koue Oorlog-spioenasieskandaal wat dit aan die lig gebring het dat een van Brandt se persoonlike assistente, Günter Guillaume, inderdaad ’n spioen vir Oos-Duitsland was.
Scheel is kort daarna tot Wes-Duitsland se president verkies, ’n amp wat hy tot sy uittrede in 1979 beklee het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie