Voorkoms van gebreekte horings by wildsbokke

Verhoed dit só

26 November 2021 | Landbou
Elvira Hattingh - Wildsbokke se horings kan maklik breek en buiten dat dit baie pynlik is, kan dit naderhand ernstige probleme vir die dier inhou.

Wildlife Vets Namibia se dr. Ulf Tubbesing en Mariska Bijsterbosch het in hul jongste nuusbrief ‘n foto gedeel van ‘n elandkoei met ‘n groeisel op haar linkerhoring, bykans so groot soos haar kop.

Die eland moes van kant gemaak word. Die veeartse meen sy het waarskynlik haar horing op ‘n jong ouderdom beseer, wat tot die vorming van oormatige of abnormale letselweefsel gelei het. Dit het waarskynlik eindelik ‘n gewasagtige groeisel op haar horing veroorsaak.

Die veeartse sê groeisels aan horings is in die verlede algemeen by gemsbokke gevind – iets wat hulle nie meer gereeld sien nie.

“Ons neem aan dat hul horings beseer word wanneer hulle deur draadheinings wil kruip, maar dat hulle nou met die baie wildwerende heinings oral, ontmoedig word om dit te doen,” sê hulle.

VERSKILLE

Wildlife Vets Namibia verduidelik in die November-nuusbrief dat soogdiere met hoewe in Afrika gewoonlik horings het, terwyl gehoefde diere soos takbokke in ander dele van die wêreld horings het wat eintlik groeisels van hul skedels is. Die “groeisels” bestaan uit been en is nie permanent nie. Dié soort horings begin as kraakbeen, wat deur harige vel bedek is.

Die kraakbeen word later deur harde been vervang en nadat dit volgroei is, verloor dit die harige vel en sterf die been van dié horings af. Dan verloor die dier sy horings en nuwe horings begin van voor af groei.

Daarteenoor is die horings van Afrika-bokke permanent. Dit het lewende been binne, begin kort ná die dier se geboorte groei en hou so aan vir die res van sy lewe.

Die veeartse sê enige been kan breek, so ook die been binne ‘n horing.

“Dit gebeur dikwels wanneer diere jonger is en hul horings nog sag is. As ons jong wildsbokke hanteer, is dit belangrik dat ons hulle nie aan die punt van hul horings vashou nie, omdat dit maklik breek.

“Sou dit breek, sal dit dalk aanvanklik niks agterkom nie, maar dit mag eindelik skeef begin groe. Jong wildsbokke moet altyd aan die ore vasgehou word.

“Horings breek ook dikwels tydens ‘n bakleiery of wanneer dit in drade of ander strukture soos voertoestelle vasgevang word.

“As ‘n horing heeltemal teen sy basis afbreek, sal dit nie weer teruggroei nie. Daar sal baie bloeding wees en jy mag dalk ‘n veearts benodig. Die wond kan ontsteek en dit is baie seer – die ontsteking kan tot die sinusse affekteer.”

BEHANDELING

Wildlife Vets Namibia stel voor dat die wond skoongemaak word, en ‘n pynstiller en antibiotika toegedien word.

“Dit gebeur egter meer dat die horing aan die binnekant breek en dit nie dadelik opgemerk word nie.

“Die kanse is goed dat die dier se horing dan misvorm sal raak. Partykeer groei die horings na sy kop toe, wat later probleme kan veroorsaak. Soos die horing groei, kan dit later in die dier se skedel insteek.

“So ‘n dier behoort van kant gemaak te word, of ‘n veearts se hulp moet ingeroep word om die horing af te sny.”

Die veeartse sê in Namibië, wat tipies groot plase het, word ‘n veearts se hulp nie sommer ingeroep om wildsbokke se horings te herstel nie. “Waar daar meer intensief met duur wild geboer word, soos byvoorbeeld op Suid-Afrikaanse plase, kan veeartse horings spalk om seker te maak dit groei weer reg as dit gebreek het.

“In so geval word daar tot van byvoorbeeld PVC-pype, metaalrame en eendband gebruik gemaak.” - [email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: 20 sterftes, 151 nuwe gevalle

7 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het twintig nuwe Covid-19-sterftes aangemeld, die meeste daarvan op Gobabis (13 sterftes), wat dié sterftesyfer op 3 884...

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

8 ure gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...

Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

9 ure gelede | Howe

Landdros Taboka Mopipi het beslis dat Botswsana se weermag (BDF) nie aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes van die Nchindo-broers en hul neef, wat...

Vyf damme kry water

13 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Erkenning vir selfdegeslaghuwelike afgekeur

23 ure gelede | Howe

Drie regters in die Windhoekse hoërhoof het ‘n aansoek van die hand gewys om selfdegeslaghuwelike te erken tussen twee Namibiërs en hul buitelandse eggenotes. Hulle...

Lelies begin Sondag blom

23 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

23 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

23 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

23 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...