Voorbeelde en wekroepe
Namibiërs klop mnr. Calle Schlettwein, die minister van finansies, op die skouer.
Hy het verlede week die eerste lid van die kabinet geword om soos dr. Hage Geingob as staatshoof, sy bates en belange te openbaar.
Hierdie stap bevestig opnuut Schlettwein se integriteit, iets wat in sy portefeulje van besondere belang is. Sy opmerking dat hy geen sakebelange het nie, omdat dit sy plig is om hom voltyds aan sy werk en diens aan Namibiërs toe te wy, stel ‘n voorbeeld wat hopelik introspeksie sal afdwing.
Die hele kabinet, asook ander openbare figure wie se besluite altyd onaanvegbaar moet wees, sal hopelik vinnig Schlettwein se voorbeeld volg.
Op die voorblad van ons Vrydaguitgawe was twee berigte wat opnuut die gevolge van sentrale ekonomies-maatskaplike uitdagings in Namibië met feite, in beeld en emosie op ‘n skril wyse uitgelig het.
In Swakopmund het verskeie brande opnuut tientalle plakkershuise in puin gelê. Wéér moet talle gesinne uit die verbrande stukkies van hul lewens ‘n moeilike, nuwe begin maak.
Waardige behuising vir almal – ‘n grondwetlike strewe – sal die gevaar van sulke rampe aansienlik verminder.
In Windhoek se Samora Machel-kiesafdeling het honderde vroue in die koue voor ‘n staatskantoor kampeer om hul kinders vir maatskaplike toelae van N$250 per maand te registreer sodat hulle midde werkloosheid, die afwesigheid van vaders en vinnig stygende lewenskoste ‘n effens beter bestaan kan voer.
Hierdie toue sal net langer rek indien Namibië nie sistematies werklike opheffing verseker nie.
So sê ander
17 Julie 2016
France under attack, again
France is once again the victim of an unspeakably cruel terror attack.
French President François Hollande has extended a state of emergency by a further three months, saying: “All of France is under the threat of Islamic terrorism.”
The French can be forgiven for feeling they are under seige.
France seems to be more at risk from jihadist terrorism than other European countries for a number of reasons.
There are no easy solutions to curb this cycle of terrorism. What is needed is a combination of intelligence, security, social, military and political measures.
The authorities and the leaders of the Muslim community in France must acknowledge that radical Islam is a problem and that everything must be done to stamp it out.
France, whose democratic values have been an inspiration to the entire world, needs the help and solidarity of its European partners at this delicate period.
• TIMES OF MALTA

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie