Von Bach fyn dopgehou

Terwyl tot 150 mm reën die naweek op Oshikango gemeet is, word asem opgehou om te sien of die Von Bachdam se sluise getrek gaan word ná dit Sondagoggend die 98%-merk oorskry het.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Gisteroggend was die verwagting dat NamWater kon besluit om die baie vol Von Bachdam se sluise te trek.

Dit sou afhang van hoeveel water die dam verder sou binnestroom.

Die dam was om 07:00 Sondag reeds 98,5% vol en vlakke het dus sedert Vrydag met 8,8% van 89,7% af gestyg.

Die dam het gister om 07:00 sowat 46,833 miljoen kubieke meter (Mm³) water bevat en was 49,85 m diep.

Die Von Bachdam se kapasiteit is 47,525 Mm³.

Dit is 100% vol wanneer die water sowat 50 m diep is. Dit beteken die dam se vlakke moes nog 15 cm styg voor dit die 100%-merk sou bereik.

Die Swakoppoortdam het Vrydagoggend ook nog water ontvang en was 49,7% vol.

Die Omatakodam was 37% vol, die Hardapdam 27,8% en die Otjiverodam 13,7%. Al die damme het Vrydag nog water ontvang.

Die Oanobdam was 53% vol, die Nautedam 83,7%, en die Dreihuk-, Bondels- en Omatjennedam het almal ’n bietjie water ontvang. Dié damme was onderskeidelik 2,8%, 29,2% en 7,1% vol.

SWAAR REËN

Intussen het swaar reën die afgelope naweek op plekke in die land voorgekom. Oshikango was onder water ná sowat 150 mm reën Vrydag glo uitgesak het, berig Ronelle Rademeyer.

Buite Okahandja het Osona Eggs se kleinhoewe, wat aan mnr. James Roux behoort, weer oorstroom.

Die Okahandja-buurtwag, onder leiding van mnr. Charl Coetzee, het vroeg Saterdag die hulp van die polisie se lugvleuel ingeroep om twee bejaardes van dié grond te verwyder.

Die kleinhoewe, waar Roux met 30 000 hoenders boer, was op ’n eiland in die Okahandjarivier geleë nadat vermoedelik ’n sandmynery hoër op die riviervloei verander het.

Coetzee het Saterdag gesê die huis waarin Roux se skoonma, me. Annie van Staden, en haar lewensmaat, mnr. Dries Steyn woon, was oorstroom. Aangesien Steyn gereeld bykomende suurstof benodig, is besluit om die twee na veiligheid te bring.

Intussen het die laagwaterbrug, wat toegang tot Camelthorn Estate oos van die rivier verleen, ook Vrydagnag weggespoel en het ’n voertuig weggespoel.

Dit is nie bekend of iemand beseer is nie.

Op die Facebook-groep “Reën in Namibia” het gebruikers Saterdag gesê Tsumeb het 90 mm reën gehad, Grootfontein 46 mm, ’n Summerdown-plaas 92 mm gehad en Omaruru 24 mm.

Vrydag het Opuwo 50 mm reën ontvang.

EFUNDJA OP PAD?

Die eerste tekens dat ’n efundja (vloed) dalk op pad is, is die afgelope Vrydag waargeneem: Die Namibië Hidrologiese Dienste het in hul jongste vloedverslag ’n verhoogde vloei van water in die noordelike grenskanale aangeteken.

Hiervolgens was die water Vrydag 1,73 m diep by Okatana, 0,8 m by Endola en 0,33 m by Shakambebe. Donderdag was dié vlakke nog onderskeidelik 1,65 m, 0,77 m en 0,15 m.

Dienooreenkomstig het satelliete swaar reën sedert Donderdagoggend in die suidelike en noordoostelike dele van die Cuvelaikom in beide Angola en Namibië waargeneem.

Me. Pauline Mufeti, hoof van hidrologie, het gewaarsku gebeurlikheidsplanne teen vloede moet in die Omusati-, Oshana-, Ohangwena-, Kavango-Wes- en Kavango-Oosstreek gereed gekry word.

“Gemeenskappe wat in gebiede woon wat tot vloede geneig is, moet die nodige voorsorgmaatreëls tref,” het sy gesê.

Terselfdertyd styg die Okavangorivier se vlakke steeds by Rundu, waar dit tans 7,30 m diep vloei – die diepste die afgelope vier jaar.

Ook het die Zambezirivier by Katima Mulilo oornag ’n styging van 10 cm ervaar en was dit Vrydag 2,44 m diep. Dit is egter onder normaal vir dié rivier, wat dié tyd van die jaar gewoonlik sowat 2,74 m diep vloei.

Intussen neem die vloei van die Kunenerivier se water by Ruacana ook geleidelik af. Dit was Vrydag 753,4 m³ per sekonde sterk vergeleke met 795,3m³ per sekonde Donderdag.

Mufeti het verlede week gesê die meeste binnelandse riviere is in vloed ná goeie reëns – dit sluit in die Omatako-, Swakop-, Omaruru-, Kuiseb- en Visrivier.

Intussen stroom berigte in van plekke oraloor Namibië wat goeie neerslae vir Februarie aangeteken het, hoewel veral die Suide steeds angstig op ’n vol reënmeter wag.

Op “Reën in Namibia” is die volgende neerslae vir Februarie deurgegee: Berlin - Khomas Hochland 165 mm; Omupanda - Hochfeld 283 mm; Edelweiss - Stampriet 9 mm; Brakwater-Noord 274 mm; Okakango 148 mm (tussen Hochfeld en Okahandja); Ruacana 89,5 mm; Auob Country Lodge – Gochas 45 mm; Onhuno – Ohangwena-padblokkade 341 mm; Elisenheim 200 mm; Tsuwandes – 50 km van Outjo 82 mm; tussen Tsumeb en Oshivelo 216 mm; Hardap 15 km noordwes van Mariental 101 mm; 20 km wes van Grootfontein 285 mm, Rooiduin suidoos van Stampriet 21 mm; Tsumeb 256 mm; naby Klein Waterberg 308 mm; Divundu 332 mm; Garichanab – 40 km oos van Asab op die Kalk 67 mm; Usakos 23 mm; Donkerhuk West op C28 onderkant Bosua Pass 17 mm; Omaruru Game Lodge 338 mm; Moedhoop 12 km van Summerdown 399 mm.

- [email protected], [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.48/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.12% | Zinc US$ 2 981.00/T UP 0.1% | Brent Crude Oil US$ 83.80/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 1 058.66/OZ DOWN -0.0028 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.48/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.12% | Zinc US$ 2 981.00/T UP 0.1% | Brent Crude Oil US$ 83.80/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 1 058.66/OZ DOWN -0.0028