Volvo reg om Tesla te takel
Volvo reg om Tesla te takel

Volvo reg om Tesla te takel

Die Sweedse motorvervaardiger Volvo sê hy is gereed as mededinger vir Elon Musk se Tesla.

Hy wil egter nie net 'n reeks elektriese motors vervaardig nie – hy gaan dit nie verkoop nie, maar eerder “uitverhuur”.

Volvo en sy vennoot Polestar gaan saamwerk om veral met Tesla se Model 3 mee te ding.

Produksie van die nuwe Polestar 1, wat onlangs vir die eerste keer ten toon gestel is, begin in 2019.

Ander vervaardigers takel ook die mark vir elektriese motors.

Porsche beplan om in 2019 sy Mission E te begin verkoop terwyl BMW klaar oor sy iVision Dynamics spog.

Volvo het egter nie die Polestar ontwikkel net om met Tesla mee te ding nie; hy wil mededingend bly in China.

Die land is die wêreld se grootste mark vir passasiersvoertuie en die owerhede hier vereis 'n skerp klemverskuiwing na elektriese voertuie. Daar word selfs daaroor gedebatteer dat petrol- en dieselvoertuie oor die volgende paar dekades verban moet word.

Volvo behoort ook boonop aan Geely, 'n Chinese maatskappy. Geely het die laaste vyf jaar US$11 miljard in Volvo belê om hom weer mededingend te maak.

Sowat US$750 miljoen sal gebruik word om 'n nuwe fabriek waar die Polestar vervaardig gaan word in Chengdu, China te bou.

Volvo wil egter nie die Polestar-modelle verkoop nie, maar hulle uitverhuur. Kontrakte sal vir tussen twee en drie jaar geldig wees.

Geen pryse is nog beskikbaar gemaak nie.

– Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A