Voëls van feitlik geen vere
Ek hou nie van voëls nie. Rêrig.
Maar laas week het ek hard op my kop geval en nou hou ek van hulle.
Hoe de hel het dít gebeur?! Voëls maak geraas, soos leë blikke, en ek het reeds ’n broertjie, in fact, ’n hele uitgebreide familie dood aan mense wat te veel praat. Só is voëls ook.
En mens kan hulle nie druk tot hulle snaakse geluide maak nie. En om ’n diertjie in ’n hokkie te hou, is in elk geval net wreed.
So ek wil nie ’n voëltjie hê nie, dankie.
Maar Spruit wou. Spruit het die vermoë om alles wat onoulik is, te cutify. Ek moet meer soos Spruit probeer wees, dink ek dikwels. Sy dink selfs grootmense wat grumpy is, is cute. Selfs drake, monsters en mense met eighties hare is vir Spruit cute.
En voëltjies ook. So besluit Spruit toe nou sy wil ’n voëltjie hê. ’n Kokketiel. Ag nee man, sê ek, kokketiele is grys, en grys is nie ’n kleur nie. Maar Spruit hou voet by stuk, en voor ek met ’n whiskey in die bank in kan duik, het ons toe wragtie ’n kokketiel.
Die dingetjie is 21 dae oud en basies veerloos, weerloos en onbeholpe.
En toe val ek op my kop. Hárd. Want Spruit is verlief en as Spruit verlief is, hoe kan ék nie wees nie? Skielik is hierdie dingetjie vir my die mooiste skepseltjie ooit. Sy naam is Ertjie, en hy's Spruit se nuwe baba en niémand mag sê hy's lelik nie.
Ons word mooi verduidelik hoe en wanneer om hom te voer, hoe Spruit met hom moet bond en wanneer hy meer soos ’n regte voëltjie sal lyk.
Tydens die rit huis toe van die troeteldierwinkel af herken ek iets op my kind se gesig. Sy lyk soos ek toe ek ná haar geboorte vir die eerste keer in ’n kar moes klim om haar huis toe te vat. Jy bid sommer heelpad, al is jy nie religious nie. Níks moet jou baba seermaak nie.
By die huis is Spruit dadelik kamer toe met haar baba. Soos ’n broeis hennetjie doen sy instinktief met hom wat ek met haar gedoen het – sy sit hom op haar bors sodat hy kan rustig raak teen haar tienerhartjie.
Hierdie voëltjie gaan nie juis baie in sy hokkie wees nie, kan ek sien.
Klokslag etenstyd maak sy sy kossies. Presiés soos daar aan haar verduidelik is.
Soggens staan sy vroeg op om hom weer te voer. Met ’n druppertjie. Saans slaap sy amper nie, want sy worry heeltyd oor Ertjie. Sy vra my kort-kort in haar slaap of Ertjie nog in sy hokkie is.
Ek is sommer van voor af verlief op my kind.
Maar ná vyf dae van absolute toewyding is Ertjie dood. Spruit is verpletter. Die troeteldierwinkel vermoed dis ’n spinnekop se werk, want niks anders was fout nie.
Spruit kan nie ophou huil nie. Sy ween oor haar baba. Sy verwyt haarself en wonder wat sy verkeerd gedoen het.
Ek probeer troos, maar vergeefs.
Vir haar is die ergste gedagte nie eers dat hy dood is nie, maar dat hy dalk in pyn was, dat hy gely het sonder dat sy agtergekom het.
Ek weet nie wat om te sê nie. That’s life. Die natuur is wreed. Die lewe is wreed.
Kom ons gaan kyk beeste by die Windhoek Skou, sê ek. Oukei, snik sy.
Dis die eerste keer in my lewe dat ek beeste in lewende lywe ervaar.
My bene is lam. Ek het nie geweet die goeters is so reusagtig nie.
Ek vat selfs koes-koes aan een, knoop ’n gesprek met ’n boer aan en verstom my aan wat ek ontdek: Die man se hart is net so klein soos Spruit s’n.
Hy vertel my sy beeste is sy kinders. Hulle het selfs name, en hy is hartseer elke keer as hy een moet slag.
Spruit praat met een van die goeters (ek weet nie of dit ’n bul of ’n koei of ’n vers of ’n os of ’n wat ookal is nie). Sy vergeet vir ’n oomblik van haar verlies.
By die huis is sy weer in trane. Sy wil nie eers eet nie.
Ek het geen troos nie. Die lewe is wreed.
Maar wat die pyn sagter maak, is om te weet mense wat so hartstogtelik lief vir onskuldige, egolose diere is, bestaan. En daar’s baie van hulle.
Die mense wat kos op ons tafels sit.
Miskien moet Spruit maar ’n boer word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie