Volkleur vs. swart en wit
Iréne-Mari van der Walt
Ek het onlangs ’n omgewingsverandering ondergaan. Hoewel die vlinders in my maag steeds in my geheue spook, is een van my gunstelingdinge omtrent dié verandering ’n nuwe huismaat.
Moet my nou nie verkeerd verstaan nie, sonder ’n ieder en ’n elk van my vorige huismaats sou ek steeds ’n morsjors van formaat gewees het. Maar hierdie nuwe gesiggie is iets heeltemal anders, en steeds alles wat ek nog altyd in ’n huismaat gesoek het.
Teruggetrokke, gaaf en uniek, maar verstaan terselfdertyd baie goed die konsep van persoonlike ruimte en is boonop ’n goeie mamma vir haar hasie.
Ek moet erken, ek was nogals skrikkerig toe sy minder as ’n uur nadat ek gearriveer het ’n sin aan my rig wat begin met: “Ek is nie ’n feminis nie, maar…”
Ek het groot geskrik. My hartklop het in my ore gedruis. Voor sy verder kon praat, wonder ek hoe ’n vrou in die 21ste eeu nie ’n feminis kan wees nie. Dit is nou wragties soos ’n bees wat opgewonde is om steak te word. Wat? Hoe? Hoekom is die mensdom tog so? Ek weet nie meer nie. Ek is raadop. Skielik is ek baie bly vir aardverwarming wat binnekort ons einde gaan wees, want die vet weet híérdie mensdom kan ek nie meer verdra nie.
Ek weet nie of sy gesien het hoe groot my oë gerek het nie (ek hoop nie so nie), maar sy het onmiddellik haarself korrigeer. “Ek meen, ek glo in gelykheid en alles, ek is net nie groot op die hele ding nie,” sê sy.
Sjoe, krisis vermy! My nuwe huismaat is nie ’n absolute gek nie! Meteens kom tyd om my te kom haal waar dit my oomblikke gelede agtergelos het.
Ek het nog nooit geglo dat ons as mense se waardes te veel verskil nie. Ons is almal maar eintlik feministe. Die meerderheid van ons glo tog dat vroue nie minderwaardig is omdat hulle vroue is nie. Die vraag is, sal jy jouself as ’n feminis beskou?
Sou ek met maskeerband oor my borste deur die strate van Windhoek loop? Nog nooit gesien nie. Is ek bereid om ‘n ander vrou haar keuse te ontsê om maskeerband oor haar borste te sit? Nie heeltemal nie. Ek hoef nie van ander se keuses te hou om hul reg tot keuse te respekteer nie.
Ek hoef ook nie in sjoebroekies en maskeerband rond te wals om die volgende vrou en haar regte te ondersteun nie.
Ons menslike neiging om dinge te vereenvoudig het veroorsaak dat konsepte wat op ’n spektrum val in swart en wit verdeel het. Hoe vaal van ons. Mag ek nooit vervelig genoeg wees om ‘n volkleurprentjie tot swart en wit te verdof nie.
Ons het onlangs gesien wat ‘n uiterse ramp ‘n tweepartystelsel vir die VSA is, maar steeds verdeel ons onsself volgens dieselfde stelsel. Ek dink ons kan werk daarvan maak om mekaar weer in volkleur te begin geniet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie