Voëlgriep steek kop uit in Zim
Botswana het die pluimveeprodukte van hul buurland Zimbabwe verban nadat voëlgriep die naweek daar uitgebreek het.
Botswana se regering het Dinsdag in 'n verklaring gesê die invoer van “mak en wilde voëls, hul produkte (onder meer vleis en vere) en pluimveevoer van Zimbabwe word onmiddellik verbied”.
“Alle invoerpermitte vir die gelyste items word onmiddellik gekanselleer,” lui die verklaring.
Volgens die Zimbabwiese staatsmedia het die H5N8-virus by Irvine's, 'n bekende produsent van pluimvee en eiers, uitgebreek.
The Herald berig dié pluimveeplaas se geaffekteerde eenhede is onder kwarantyn.
Sowat 7 000 hoenders is aan die virus dood en nog 140 000 hoenders is geslag om te voorkom dat die virus versprei, berig The Herald.
Die Zimbabwiese landbouministerie sê in 'n verklaring: “Die geraakte eenhede (op die plaas) is volgens streng sanitêre maatreëls ontvolk. Alle handelsvennote, buurlande se veeartsenykundige owerhede en die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid is in kennis gestel.” – News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie