Volbank hoor verkiesingsaak
Denver Kisting
Die hooggeregshof in Windhoek het gister gelas 'n volbank moet die jongste verkiesingsaak aanhoor.
Regter Dave Smuts het die verrigtinge tot Vrydag 17 Januarie 2020 verdaag.
'n Saakbestuurverhoor het gister voor Smuts in dié hof gedien.
Die eertydse onafhanklike presidensiële kandidaat, dr. Panduleni Itula, het onlangs 'n geding teen die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) aanhangig gemaak oor die uitslae van die presidensiële verkiesings wat op 27 November plaasgevind het.
Itula het voor dié verkiesings twee keer kapsie gemaak teen die gebruik van elektroniese stemtoestelle (EVM's) en betwis die uitslae van die presidensiële wedloop. Beide sake het misluk. EVM's is toe wel op 27 November gebruik.
As Swapo-lid het Itula geskiedenis gemaak deur pres. Hage Geingob in die verkiesing uit te daag.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie