Voet in die hoek: Koki vat raak
Die Giulia Quadrifoglio-Verde is in 'n klas van sy eie.
Egmont Sippel - Alfa Romeo se nuwe Giulia Quadrifoglio vuur enorme krag en wring uit 'n sessilinderweergawe van 'n Ferrari V8, eksklusief na die agteras. In kombinasie met 'n briljante onderstel lewer dit hartstogtelike verrigting, asook padgedrag van die hoogste orde.
Kompakte supersedans?
Nimmereindigend is dit die BMW M3 wat in die agtergrond skadu, soos Raka in die riete. Hy's die makhulu-baas, die maatstaf waarteen krag, vaart en hantering gemeet word.
Die snelle dier.
En ai, nou hinkepink hierdie Alfa Romeo Giulia Quadrifoglio net toe dit wou lyk of hy die M3 kon troef en net toe ek regs in 'n kruising wou draai. Ek pomp die versneller, maar niks.
My moed sink. Die Romeo-vloek het weer toegeslaan.
'n Tweede keer gebeur dit, nogmaals teen 'n afdraande, toe die Giulia besig is om in die haastige laan vinnig veld te wen vis-à-vis twee klein tjorries in die linkerbaan.
Ek skuur-skuur oor die ankers om dun velletjies spoed af te skaaf, sou die agterste van die twee besluit om skielik die voorste een verby te steek, en plotseling is daar feitlik foggolôlo; die Quadrifoglio se briljante V6 hang pap tussen sy voorwiele.
Genadiglik herstel volle kraglewering oomblikke later weer ná 'n raps op die versneller.
'n Derde geval waarin die motor hinkepink tot ek stop en afskakel en weer enjinswaai, noop 'n oproep na Alfa.
Wat de joos gaan hier aan?
Vreemde elektroniese regime
Nugter weet. Die situasies word ontleed. Al drie kere teen 'n afdraande af. Is dít die gemeenskaplike faktor? Of was daar al ander soortgelyke klagtes?
Niks. Nie 'n enkele een nie. Alfa het geen idee wat dit kan wees nie.
Ek gaan toets weer. 'n Vreemde elektroniese regime op VW/Audi-motors vonk die idee. As jy met jou linkervoet rem en die ankers tref voordat die versneller toetentaal onbelas is, sal Volkswagens en Audi's se enjintoere vir twee sekondes lank demp, maak nie saak hoeveel gas jy probeer pomp nie.
Groot was die verbasing dus toe Maserati se nuwe Ghibli in 2013 dieselfde irriterende eienskap op die Toskaanse paaie rondom Sienna, in Italië, uitgestal het.
En ja, Maserati en Alfa behoort beide aan Fiat Chrysler Automobiles; verpakkingsprobleme, terloops, het verhoed dat die Ghibli se drieliter-V6 na die Giulia oorgedra word.
Die punt is egter dat die Quadrifoglio se uitsnyery moontlik uit 'n soortgelyke elektroniese platform as die Ghibli en VW/Audi s'n kon stam, met min toleransie vir oorvleueling tussen versneller en ankerpedaal, en einste het dit so geblyk. Die manier om wel uit die hinkepinkfase te ontsnap en die enjin na sy volle glorieryke magtigheid te herstel, is juis om eers vinnig en volledig uit die versneller te lig en hom dan onmiddellik weer te raps.
Groot was die verligting dus.
Want die Quadrifoglio is nie net die haastigste en beste Alfa nog en daarom die suiwerste sedanuitdrukking van Cuore Sportivo in die maatskappy se 107-jarige bestaan nie.
Die Quadrifoglio is ook een van die allerindrukwekkendste motors wat hierdie planeet al gelewer het in die 132 jaar sedert ene Karl se Benz Patent Motorwagen.
Sportiewe hart
Cuore Sportivo begin, soos altyd, met die enjin.
Die Quadrifoglio se 2,9 liter-V6 is soet, edel, kragtig, glad, vonkelend en sterk. Daar's 'n kleine knertsie traagheid teen penstoere, maar as die woema eers by 2 500 o.p.m. vlamvat, bou dit vinnig, glad en onverpoos tot by die 7 000 o.p.m. - rooi lyn.
Suiker egter bedeesd of bestendig voort en die Alfa-enjin implementeer silindersny sodat die Quadrifoglio net op drie suiers hardloop, terwyl die ander drie rus; dis goed vir die bloedsuiker.
Gesonde geestesvoeding arriveer ook in die vorm van wringpieke wat van een rat na die volgende styg. Die enjinghoeroe agter dié spesifikasie, Gianluca Pivetti, reken dat dit deurlopende emosionele bevrediging wek as 'n motor jou meer en meer gee hoe harder en harder jy ry.
En hy's reg. Versnelling slinger net ál vinniger voort die hoogtes in tot waar ander waens rof en onbeskof raak.
En selfs dan por die uiters beskaafde Quadrifoglio jou aan om nóg te skep en tap.
Pivetti se insig is juis eie aan 'n kultuur wat buitengewone waarde aan La Dolce Vita heg, want dit gaan nie net oor syfers nie, hoewel die Alfa s'n tops is.
Dit gaan ook oor kuns, styl, gevoelswaarde, die Renaissance-geen, die Koki-geen.
Klankbaan
Merc se C43 en C63 AMG's het byvoorbeeld indrukwekkende diep klankbane. Dis brutale vertoonstukke van Götterdämmerung, Raka in sy volle ongetemde primitiwiteit. Donald Trump se “fire and fury” sal soos 'n muishond voor die aanslag vlug.
Die M3/M4 jaag, omgekeerd, 'n naakte skrou na en misluk mislik op ouditiewe vlak; ten minste tot by 5 500 toere klink die enjin dun, leeg en gespanne. Selfs die vorige V8-M3 is deur 'n eendimensionele klankstreep ondermyn, totdat Schnitzer- en Akrapovic-pype opgedaag het.
Mens kan argumenteer dat die Alfa-klankbaan te mak is, te gedwee. Die palet is vol subtiliteite en die enjin snou, gewis, maar die keel kort 'n knippie steroïede – tot jy Race-modus aktiveer (en daarmee saam traksiebeheer negeer, waarna ordentlike “saaidwheizz spôrts” kan manifesteer!). Buiten laasgenoemde is alles egter uiters gekultiveerd, selfs tydens dringende spierbou tot by die 307 km/h-hoogwatermerk.
Dis ongelooflik blerrie vinnig vir 'n vierdeurmotor waarin jy ook kinders skool toe kan ry.
'n Snelle dier.
Maar o so koninklik, en Koki ook.
CDC, dempers en remme
Die Ferrari-cum-Alfa-enjin mag die sportiewe hart van die Quadrifoglio wees. Maar daarrondom is die res ook hiper-gesond: die longe, lewer, niere, senuwees, sintuie en die brein.
Die sone wat elektronika vir voertuigdinamika koördineer se naam is byvoorbeeld Chassis Domain Control (CDC), wat saam met Magneti Marelli ontwikkel is om te kommunikeer met elektroniese stelsels op die kraglyn, remme, stuur, onderstel, veerstelsel en ewenaar – maar met spesifieke beheer oor motorstabiliteit, die neus se aktiewe koolstofveselspleet (Alfa Active Aero, vir drukkrag op die vooras), die DNA Pro-selekteerder (om dryfmodusse mee te kies; Drive, Natural en Advanced, plus Race), wringvektoring (via die agterewenaar se twee elektromeganiese koppelaars), en Bilstein se aktiewe dempers.
En dis hier, in kombinasie met die meesterlike gepatenteerde AlfaLink-aluminium-veerstelsel – dubbelmikke voor plus 'n vyfskakel-agteras, insluitend 'n vertikale skakel om wielposisie en -ossilasie tydens traksie te beheer, plus dubbelarms vir ritgerief – waar CDC en Bilstein so mildelik bydra om, styf soos die Quadrifoglia geveer is, (1) goeie ritgehalte met deeglike skokabsorpsie te verseker (en dit op uiters dungeskilde Pirelli's); plus (2) bakbeheer van die hoogste orde op te dis; die Alfa lewer uiters gesonde en geïntegreerde padgedrag, soos al vier wiele wat te alle tye met die teer in aanraking bly.
Brembo-remme, terloops, is magtig: geventileerde 360 x 32 mm- en 350 x 28 mm-skywe plus sessuier- en viersuier-aluminium-monoblok-remskoene voor en agter. Van 100 tot 0 km/h anker die Quadrifoglio in minder as 35 m; die AMG C63 S en die M3/M4 in meer as 37 m.
Dis 'n verskil van meer as twee meter - genoeg om die enjinblok deur jou motor se brandskot te druk.
Pirelli P Zero Corsas se buitengewone bytkrag help uiteraard, terwyl einste breë tekkies (245/35-ZR19 voor, 285/35-ZR19 agter) ook vir 'n ekstreme greep sorg. Jy kan hierdie Giulia boor en dis of hy – met sy vinnige, skerp stuur as voorbok – eenvoudig op spore loop.
Tot jy Race-modus aktiveer . . .
Opsomming
Die ontwikkeling van Alfa se skitterende nuwe Giulia Quadrifoglio is gelei deur Philippe Krief, wat ook vir die Ferrari 458 verantwoordelik was; die enjin is 'n verkorte sessilinderweergawe van Maranello se 3,9 liter-V8.
En dit sê tog alles, veral as jy byvoeg dat die Quadrifoglio beter as enige van sy teenstanders ry, indraai, hanteer en stop.
Opsommend is dit die beste vierdeursedan wat hierdie planeet nog gesien het.
Milaan het die Giulia bitter nodig om die Romeo-renaissance te lei.
Maar gaan mense hom koop, epies soos die sportmodel is?
Of staar Alfa uiteindelik dieselfde lot as Koki in't gesig?
NNS: Daar was 'n nadraai rakende die uitsny-fenomeen toe 'n renjaer die Quadrifoglio namens 'n motortydskrif op Kyalami getoets het. Ronde na ronde het die motor hinkepinkmodus betree. So het die woord dus versprei dat die enjin net soveel kon vat en niks meer nie. Totdat Rapport die oplossing aan Alfa gebied het, waarna dit uiteraard aan die Kyalami-span oorgedra is. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie