Voedselveiligheid skep gemoedsrus vir verbruiker
Gehalte sorg vir beter pryse
Dr. Kobus Laubscher - Met die aanvang van die nuwe jagseisoen kry jagters die benodigdhede bymekaar.
Die houer beesvet van ‘n leidende vleisbemarkingsmaatskappy in Namibië is die begin van droëwors-planne vir die jaar, maar met ‘n verskil. Dié houer vet het ‘n rakleeftyd – onder streng voorwaardes natuurlik – van 24 maande vanaf die verpakkingsdatum in Mei vanjaar.
Voldoening aan die bepalings soos uiteengesit op www.natures-reserve.co.uk bevestig nie net dié aanspraak nie, maar verseker ook die kwaliteit van die produk.
Vir die verbruiker beteken dit rugsteuning van gehalte wat te dikwels eenvoudig oor die hoof gesien word en as sodanig as vanselfsprekend aanvaar kan word.
Die voldoening vestig mededingendheid, maar indien die verbruiker nie dié waarde waardeer nie, kan voldoening verkeerdelik afgemaak word as net nog ‘n marge wat koste verhoog.
Niemand eet die vet onverwerk nie, maar dit gee die smaak aan die verwerkte produkte. Die boer kan beter pryse verwag as hy/sy voldoen aan die verwagtinge van die verwerker, maar daar stop sy vermoë om pryse te beïnvloed.
Die verwerker verwerk die produk en omdat die produk voldoen aan die gestelde internasionale vereistes, kan dit beter pryse behaal.
Indien die prysvormingsmeganismes kompeterend is, vloei die verkooppryse van die vet met ‘n gewaarborgde rakleeftyd deur na die boer.
Sodanige terugwaartse welvaartverdeling is bewese bydraers tot volhoubaarheid.
Dit is egter noodsaaklik dat beide kante van die waardeketting – die boer by die plaashek enersyds en die verbruiker met die wors in sy bord, hierdie dinamika verstaan en waardeer. Trouens, dit is noodsaaklik dat hierdie kenmerke wat vleis kan onderskei, deurlopend en behoorlik gekommunikeer word.
Vleisverkope in die tydperk 2014-’15 het volgens berigte die grootste bydrae tot kleinhandelinkomste (8,1%) gelewer. Die naasgrootste was farmaseutiese produkte met 5,4%.
Die leser sou kon dink dat dié gaping groot genoeg is, maar dan verontagsaam die leser nuwe verwikkelinge. Listeriose het die vraag na varkvleis en verwerkte produkte wat min of geen varkvleis bevat nie, verrinneweer.
Die Suid-Afrikaanse varkvleisbedryf moes inspring om die beeld van die produk te red en op ’n ander groeipad te kry. Te midde daarvan het plaashekpryse met tot 40% gedaal en die volhoubaarheid van baie produksie-eenhede tot op die rand van bankrotskap gedruk.
Inligting dui op die ernstige nie-nakoming van vereistes ten opsigte van voedselveiligheid plaaslik, sowel as verskille in die hantering van invoere waar uitvoerlande dit na bewering ook nie gedoen het nie.
Kortom, die beeld van hierdie produk en die vraag daarna het ‘n knou gekry. Die olie op die vuur is aansprake van ‘n langer, gesonder lewe as jou dieet vleis uitsny.
Dit laat die verbruiker in ‘n warboel, want saam met sulke aansprake, moet hy/sy nog ook worstel met onbekostigbare hoë rooivleispryse terwyl produsente hul kuddes herbou.
Terug by die houer vet waarvan die rakleeftyd gewaarborg word: dit is die sekuriteit waarna die verbruiker moet kyk. Sulke produkte mag dalk effe duurder kos, maar behoort eerder in terme van geleentheidskoste oorweeg te word.
Dit is ’n uitdaging om leë mae vol te kry met geld wat daar nie is nie – ’n geraamde 12 tot 14 miljoen Suid-Afrikaners ervaar huishoudelike voedselonsekerheid tot die mate wat hulle nie weet waar die volgende bord kos vandaan gaan kom nie.
Landbou kan nie toelaat dat hierdie verbruikers uitgelewer word produkte van laer gehalte omdat dit al is wat hulle kan bekostig nie.
Geen kompromis ten opsigte van kwaliteit moet verduur word nie. Dus behoort die mark diegene in die waardeketting wat bydra tot veilige voedsel, by te staan deur behoorlike pryse te betaal.
Daardeur sal die verbruiker in staat bly om droëwors gemaak van goeie gehalte vet, te geniet. Dit is gemoedsrus uit ‘n boks.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie