Voedselbank in Kunene broodnodig

17 December 2016 | Gemeenskap
Die spesiale adviseur van die goewerneur van die Kunenestreek, mnr. Katuutire Kaura, sê Namibië se voedselbank moet in dié streek tot stand gebring word. Dit sal daartoe lei dat die duisende lede van die gemeenskap wat sukkel om hulself te voed, ook daarby kan baat.

Kaura het in 'n onderhoud met Nampa gesê die projek wat in Windhoek begin is, moes eerder uit die droogtegeteisterde Kunenestreek bestuur word waar weiding die afgelope sewe jaar feitlik nie bestaan nie.

Volgens Kaura sukkel mense in dié streek om hulself te voed en gaan hulle dikwels met 'n leë maag slaap. Volgens hom leef 70% van die Kunenestreek se inwoners onder die minimum bestaansvlak.

“Ons het mense wat oorleef deur dierevelle te eet net om iets in hul maag te hê. Die ooglopende hongersnood is volgens my die rede waarom die voedselbank eerder hier van stapel gestuur moes word.”

Mnr. Mwahopatji Mbepela, 'n inwoner van Opuwo, het aan Nampa gesê oorlewing is 'n opdraande stryd nadat hy en 'n familielid, mnr. Mwabona Katiti, al hulle vee tydens die droogte verloor het. Hulle het daarna op soek na beter geleenthede na Opuwo verhuis. Me. Angelika Muharukua, goewerneur van die Kunenestreek, het aan Nampa gesê alhoewel die proses aan die gang is, geen vordering met die skep van geriewe vir die beoogde voedselbank in die Kunenestreek tot op hede gemaak is nie.

Die skakelbeampte van die ministerie van ­armoede-uitwissing en maat­skaplike welsyn, mnr. Lot Ndamanomhata, sê die eerste voedselbank vir dié projek sal aan die einde van 'n proeffase beoordeel word om te bepaal of die projek na ander streke uitgebrei kan word. “Geen tydraamwerk is vasgestel nie.”

Die voedselbank is 'n bergplek vir geskenkte en gekoopte kos en ander nie-bederfbare produkte. Die doel is dat elke ­voedselbank lede van die gemeenskap as agente werf om potensiële ­begunstigdes te identifiseer.

Die voedselbank sal aanvanklik geldelike steun by die private en openbare sektor van Namibië moet kry om die volhoubaarheid van die onderskeie armoedeverligting- en voedselbystandsinisiatiewe van plaaslike welsynsorganisasies en die uitbreiding van dienste aan meer kwesbare mense te verbeter. - Nampa

Soortgelyk

 

Kommissie vir grondeise aangestel

22 ure gelede | Regering

Ronelle Rademeyer - Pres. Hage Geingob het gister ‘n presidensiële kommissie van ondersoek na voorvaderlike grondregte en hoe daarvoor vergoed moet word, aangestel.Dié kommissie onder...

Vrou wat kraam se pelvis breek glo in staatshospitaal

22 ure gelede | Gesondheid

font face="Verdana" >Henriette Lamprecht – Wat ’n normale bevalling moes wees, het na bewering vir ’n jong ma ’n gebreekte pelvis, gebreekte heup en reusebloedverlies...

Kalender 22 Februarie

22 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Vir slegs twee aande sluit die sanger Slickartie by die alombekende Mashura-band aan. Dié nuwe groep gee jou goeie rede om...

Weer vir 22 Februarie

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar buie in die Weste.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met miskolle op plekke...

Waardasierol is nietig

22 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh - Weke nadat plaaseienaars hul saak oor die staat se jongste waardasierol in die hoërhof gewen het, is die Namibië Landbou-unie (NLU) reeds besig om...

'Ek was 'n Judas wat vir mense gelieg het'

22 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer'n Senior admini­stratiewe beampte het gister in die hoërhof in Windhoek getuig sy was met haar rug teen die muur oor skuld en het...

Tyd vir skoffel in die Ooste

22 ure gelede | Kuns en vermaak

Yolanda Nel – Dit is om die draai en beslis nie iets wat jy wil misloop nie, so omkring sommer nou reeds 21 Maart op...

Skaam en wild

22 ure gelede | Kuns en vermaak

The Poject Room bied eersdaags Anne Lacheiner-Kuhn se Shy Wild-uitstalling aan. DIE KUNSTENAARAnne Lacheiner-Kuhn, die Namibies gebore kunstenaar, wat tans in Londen woon, maak van...

ACC: Jaar van aanspreeklikheid lê voor

22 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) ondersoek tans 455 sake, terwyl 32 reeds by die prokureur-generaal ingedien is om te besluit of vervolging moet plaasvind.Mnr....