VN stel nog sanksies teen Noord-Korea in
Geen groot standbeelde, steenkool en grondstowwe ter waarde van US$800 miljoen mag voortaan deur Noord-Korea uitgevoer word nie.
Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het verlede week nuwe sankies teen Noord-Korea ingestel en die Asiatiese nasie se jaarlikse uitvoerinkomste met ''n kwart gesny, in reaksie op Pjongjang se vyfde en grootste kerntoets in September.
Die 15 lede van die veiligheidsraad het die resolusie eenparig aanvaar waarin uitvoere van Noord-Korea se grootste uitvoerproduk, steenkool, met byna 60 persent gesny word en die uitvoerkwota op US$400,9 miljoen of 7,5 miljoen metrieke ton, wat ook al die minste is, vasgepen word.
Die resolusie wat deur Amerika opgestel is, verban alle uitvoere van Noord-Koreaanse koper, nikkel, silwer en sink en die verkoop van standbeelde. Pjongjang is bekend vir die bou van reusestandbeelde in die sosialistiese styl, veral vir lande in Afrika.
Amerika se ambassadeur na die VN, Samantha Power, was realisties oor die impak van die sanksies: "Geen resolusie wat in New York aanvaar word, sal in alle waarskynlikheid Pjongjang môre oorreed om sy strewe na kernwapens te laat vaar nie. Die resolusie bring egter verreikende koste vir die Noord-Koreaanse bewind mee omdat hulle die veiligheidsraad se eise verontagsaam,” het sy gesê.
"In totaal, sal die resolusie minstens US$800 miljoen per jaar, of 25 persent van totale uitvoere, in harde kontant sny, wat Noord-Korea het om sy kernvisie mee te finansier,” het Power gesê.
Die US$800 miljoen is 6,5 keer die bedrag wat die Wêreld Voedselprogram in 2016 nodig het om sy operasies in Noord-Korea te finansier of 1,2 miljoen ton rys teen markprys aan te koop.
Noord-Korea het jaarliks 5,2 miljoen ton rys nodig om die teiken te haal om sy mense van 573 gram rys per dag te voorsien.
-Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie