VN se hervorming ’n prioriteit, sê Ramaphosa
SA president het die wêreldleiers ingelig oor Suid-Afrika se planne om sy ekonomie reg te ruk, en grondhervorming om die nalatenskap van kolonialisme en apartheid te oorkom.
Sarel Van Der Walt - Die hervorming van die Verenigde Nasies (VN) en veral sy veiligheidsraad is ’n prioriteit, het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdagaand sy debuut-toespraak in die algemene vergadering van die Verenigde Nasies (VN) in New York gesê.
Dié hervorming is nodig as dié wêreldliggaam die waardes en beginsels in sy handves tot uitvoering wil bring. Dit is bekend dat Suid-Afrika wil hê die veiligheidsraad moet vergroot word, terwyl Afrika twee van die vyf vaste lede moet hê.
Dit is omdat die meeste konflik op dié vasteland voorkom.
Ramaphosa het gesê instellings soos die Wêreldbank, die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldhandelsorganisasie moet ook hervorm om hulle meer doeltreffend te maak om die uitdagings van die kontemporêre wêreld beter die hoof te bied en die belange van die armes en die gemarginaliseerdes beter te dien.
“Dit is in ons hande as leiers wat vandag hier byeen is, om ’n meer verteenwoordige, gelyke en regverdige VN te bewerkstellig wat bemagtig en toegerus is om die stryd teen armoede en ongelykheid in die wêreld te lei,” het Ramaphosa gesê.
“Vir die armes en die gemarginaliseerdes is die VN vandag ’n baken van hoop in ’n wêreld van twyfel.
“Vir miljarde mense wêreldwyd is die VN die magtigste instrument wat ’n meer gelyke, meer menslike en meer inklusiewe wêreld kan skep. Hulle wil ’n einde sien van gierigheid, onkunde en hoogmoedigheid wat besig is om ons enigste woning, die aarde, te verwoes,” het hy gesê. “Ons is ’n jong wêreld waarvan meer as die helfte van die wêreldbevolking jonger as 30 jaar is. Twee derdes van Afrika se mense was nog nie eens gebore nie toe Nelson Mandela (in 1990) uit die tronk vrygelaat is.”
MANDELA
Ramaphosa het ’n paar keer in sy toespraak na Mandela verwys.
“Ons lewe in die era van die jeug. Dit plaas ’n groot verantwoordelikheid op ons, nie net om die jeug in die sentrum van ons pogings te plaas nie, maar ook om jong mense én vroue te bemagtig om meer prominent te wees in die bepaling van die koers wat wêreldsake inslaan.”
Ramaphosa het die wêreldleiers ook ingelig oor Suid-Afrika se planne om sy ekonomie reg te ruk, en grondhervorming om die nalatenskap van kolonialisme en apartheid te oorkom.
Hy het ook na Suid-Afrika se buitelandse beleid verwys.
“Ons is vasbeslote om deur ons internasionale verhoudinge ’n mag van verandering te wees vir vrede en wêreldwye gelykheid.
“Ons sal ook aanhou om die belange van Afrika en die globale suide te bevorder,” het Ramaphosa gesê. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie