VN-lugaanval verjaag SAR milisie uit Babari
VN-lugaanval verjaag SAR milisie uit Babari

VN-lugaanval verjaag SAR milisie uit Babari

Strydende milisie-faksies in die Sentraal-Afrika Republiek (SAR) en dreigende ­onluste het die Verenigde Nasies ­genoop om in te gryp.
Estelle de Bruyn
'n Operasie deur die Verenigde Nasies (VN) met 'n aanvalshelikopter het swaar gewapende lede van 'n milisiegroep in die afgeleë dorp Babari in die Sentraal-Afrika Republiek Sondag verjaag, het die vredesending in 'n ­verklaring bekendgemaak.

Ongeveer 40 vegters van die Populêre Front vir die Renaissance van die Sentraal-Afrika Republiek (FPRC), gewapen met AK-47s en vuurpylaangedrewe granate, het in die dorp byeengekom, maar VN-magte (Minusca) het tussenbeide getree en hulle verhoed om 'n aanval uit te voer, lui die verklaring.

Die optrede was binne die mandaat van die VN-sending om burgerlikes te beskerm en oorlog tussen die milisie en die opponerende Unie vir Vrede in die Sentraal-Afrika Republiek (UPC) te voorkom, sê die VN.

Die dodetal van die lugoperasie is nog nie bekend nie, het 'n woordvoerder van Minusca, Vladimir Monteiro, gesê. Hy het die koalisie (FPRC) gewaarsku teen enige pogings om oorlog na Bambari te bring.

Die FPRC en UPC is voormalige lede van die hoofsaaklik Moslem Seleka-rebelle-alliansie wat saamgespan het om die destydse president, Francois Bozize, in 2013 uit die kussings te lig. Dit het reaksie van die Christen “anti-balaka” milisies uitgelok en die land in 'n oor-en-weer etniese en sektariese ­menseslagting gedompel.

Die groep het egter 'n uitval gehad oor mededinging oor beheer oor sekere gebiede en onwettige ­belastinginkomste. Die FPRC is nou aan die “anti-balaka” milisies geallieer.

UPC-rebelle het volgens Human Rights Watch (HRW) in Desember minstens 32 mense in botsings met die FPRC doodgemaak. -Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-09-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer