VN kry karre met vonk
Die Verenigde Nasies sal hul sending in Windhoek voortaan met behulp van elektriese motors voortsit.
Augetto Graig
Die elektriese voertuig is die toekoms van persoonlike vervoer, en danksy die Verenigde Nasies (VN) deel Namibië ook in dié toekoms.
Die interregeringsorganisasie het Vrydag twee elektriese motors in gebruik geneem om hul sending in die hoofstad te bevorder.
Twee Nissan Leaf-elektriese voertuie en 'n koppelstelsel met twee kragpunte is aan die VN-kantoor in Windhoek geskenk om die organisasie die eerste in Afrika te maak wat van elektriese voertuie gebruik maak.
Die koppelstelsel is teen sowat N$160 000 opgerig en is met die sonkragpanele verbind, wat in 2017 op die VN-kantoor se dak aangebring is.
Dit beteken elektrisiteit kan in die voertuie se batterye gestoor word en weer aan die nasionale kragnetwerk oorgedra word.
Elektriese motors verteenwoordig 'n revolusie in die kragbedryf in lande soos Denemarke, waar die vervaardiger Nuvve sedert 2016 reeds 'n vennootskap met die VN het.
“Hierdie tegnologie stel lande in staat om hulself in skoner, meer volhoubare ekonomieë te omskep,” sê mnr. Paul Chapman van Nuvve.
Volgens hom maak Namibiese wetgewing tans nie voorsiening vir die volledige toepassing van dié stelsel nie, en sal die kragverspreidingstelsel aangepas moet word om surpluskrag aan NamPower te kan verkoop.
Mnr. Mesatywa Wonga van Nissan Suid-Afrika sê van die wêreld se regerings en grootste voertuigvervaardigers het reeds besluit om die vervaardiging van binnebrandenjinvoertuie te staak.
Volgens Wonga moet regerings die verspreiding en verwelkoming van elektriese voertuigtegnologie doelbewus pak, omdat verskeie uitdagings bestaan.
“Vandag se motors is nie net motors nie, maar tegnologiese oplossings vir sosioëkonomiese uitdagings,” sê hy.
Mnr. Gerald Demeules, wêreldraadgewer oor inligtingstegnologie vir die VN, het aanlyn aan die gesprek deelgeneem.
“Vervoer en elektrisiteit lewer die grootste bydraes tot kweekhuisgasse. Saam behels dit tot twee derdes van vrystelling. Om dit te verminder, verg konkrete oplossings.
“Met jul twee voertuie en twee sonkragpunte sien ons die hele stelsel is groter as die som van sy dele. Hierdie eerste vir Afrika is 'n model wat baie ander sal aanspoor om na te volg. Stel jou voor almal vervang hul voertuie met elektriese voertuie. Eienaars sou krag teen 'n laer koste kon koop en teen 'n wins verkoop. Dié aansporing sou die kragstelsel goedkoper en meer doeltreffend maak, terwyl die opgradering daarvan ook volhoubaar raak,” sê hy.
Me. Alka Bhatia, 'n verteenwoordiger van die VN se agentskap vir ontwikkeling (UNDP) in Namibië, het by die bekendstelling gesê die wêreld maak gereed vir aksie teen klimaatsverandering.
“Ons beweeg na 'n meer klimaatneutrale wêreld,” het sy gesê.
Die gebruik van elektriese voertuie is 'n skeppende deel van die poging om kweekhuisgasse te verminder, het sy gesê.
“Namibië vorder wat die energiebedryf betref,” het sy gesê.
Volgens me. Rachel Odede, verteenwoordiger van die VN se kinderfonds (Unicef), is die vennootskap tussen die VN, die regering en die privaat sektor “een van die bestes”.
“Hierdie is net die begin,” het sy gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie